Wolboere word uitgenooi om deel te neem aan ’n opleidingsprogram wat hulle sal help om die reproduksie van hul ooie te verbeter. Hierdie praktykgerigte program bied aan elke wolboer die geleentheid om die bestuursaspekte en -vaardighede wat die grootste invloed op ’n ooikudde se reproduksie het, aan te leer en toe te pas.

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se produksie-adviseurs het ’n praktiese en maklik verstaanbare opleidingsprogram saamgestel wat boere sal help om meer lammers en gevolglik meer wins te kry. Alle wolboere kan deelneem, met ’n maksimum van tien persone per gebied wat op hul plase opgelei kan word.

Hoe kan boere deelneem?

Gesels met medeboere in die distrik, landbouvereniging of studiegroep wat aan die program wil deelneem. Kontak dan die naaste NWKV produksie-adviseur en bespreek die groep se plek.

Die volgende produksie-adviseurs kan gekontak word:

  • Jannie Fourie (Caledon): 082 564 1105.
  • Gawie van Wyk (Carnarvon): 083 270 3161.
  • Juan Venter (Middelburg): 079 693 1953.
  • Kobus Grobler (Queenstown): 072 593 5601.
  • Jan Louis Venter (Bloemfontein): 083 650 1131.
  • Bom Louw (Harrismith en Ermelo): 082 652 2243.

Vir meer inligting, besoek die NWKV se webtuiste by www.nwga.co.za. – Persverklaring

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY