Sunday, May 28, 2023

Oos-Kaapse landbouskoue beleef herlewing

Estimated reading time: 2 minutes

Die Jansenville-skou wat onlangs plaasgevind het, herleef met die doelwit om weer een van die grootste skoue in die Oos-Kaap te word, met die kleinvee-komponent as fokus. Dit is onder andere te danke aan PW Botha van die plaas Slabertina, en voorsitter van Jansenville se skou, dat die skou weer op dreef is. Beide stoet- en kudde-kleinvee is ten toon gestel. Kommersiële produsente was ook welkom.

Lees meer oor PW Botha se Boerbok-boerdery.

Vanjaar was die fokus by Jansenville-skou op die volgende kleinvee-komponent:

  • Stoet- en kudde-Boerbokke
  • Kalahari Red-stoetbokke
  • Stoet- en kudde-Dorpers
  • ‘n Tentoonstelling deur die Angora-produsente wat in vennootskap is met die Sybokhaar-bemagtigingstrust.

Volgens Botha het die Boerboktentoonstelling besonder goeie gehalte diere opgelewer met onder andere Kalahari Red-bokke wat al hoe groter gewildheid by telers geniet.

Die Sybokhaar-bemagtigingstrust en Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die werk wat die trust doen (Mohair Empowerment Trust / MET) en enkele van hul vennote aan die breër boerderygemeenskap bekend te stel. Lees hier om meer daarvan te wete te kom.

  • Jansenville-skou
    Die wenners van die groot kampioen-ooie van links is: Charl Kleinhans van Middelwater Dorpers (derde plek) en die hanteerder is Wesley Poort, John Skinner van Mon Desir Wit Dorper Stoet (tweede plek) en die hanteerder is Clifford Boesak, en John Skinner van Mon Desir Wit Dorper Stoet (eerste plek) en die hanteerder is Gordon Plaatjies.

Ondersteun plattelandse skoue

Enigeen wat al ‘n plattelandse skou se kielierige stofwolke ingeasem het, stalletjies by die dosyne besoek het en nuwe bande met vriende gesmee het, sal weet dat so ‘n geleentheid een van die min dinge in die lewe is wat ‘n gemeenskap kan herenig.

Dit wil blyk of landbouskoue soos dié, waarmee baie Oos-Kapenaars grootgeword het, na jare weer begin ritme kry. Ten spyte van die agteruitgang van die infrastruktuur op verskeie dorpe en skougronde, kry groot en klein, danksy die geweldige insette en borgskappe van produsente en talle diensverskaffers, die kans om op ‘n prettige wyse meer van plaasdiere, plante en implemente te leer.

Die befaamde Bathurst-landbouskou skop vanjaar op Donderdag 30 Maart af en loop eers die Sondag ten einde. Verlede jaar het Komga-skou se komitee in die nadraai van die Covid-19-pandemie byna ‘n wonderwerk verrig om die wye gemeenskap weer bymekaar te trek. Dit wil ook blyk of Somerset Oos se skou, waarvan die perde-arena een van die hoogtepunte is, en dié van Willowmore van krag tot krag gaan.

‘n Voëltjie het intussen ook gefluit dat Middelburg, Oos-Kaap, se Winterwolfees wat verlede jaar vir die eerste keer gehou is, vanjaar uit sy nate gaan klim. Hierdie geleentheid vind vanaf 22 Junie tot 25 Junie plaas. Besoek gerus die webtuiste by www.karoowinterwoolfestival.com. – Carin Venter, AgriOrbit

Vir meer inligting oor Jansenville se onlangse skou, kontak PW Botha by 082 800 9310 of pwbothapwelectrical.co.za.

Om meer te wete te kom van die Sybokhaar-bemagtigingstrust, kontak hul bestuurder, Beauty Mokgwamme, by 083 443 2392 of beauty@mohair.co.za.

‘n Handige webtuiste wat geleenthede in die Oos-Kaap betref is www.eastern-cape-info.co.za.

#kykweervrydag Plaas TV 22 – 26 Mei 2023

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Insubordination: Types and steps to follow

Estimated reading time: 4 minutes Insubordination refers to the defiance of, or resistance to...

Genetiese vordering wat suksesvol versnel word

Estimated reading time: 7 minutes Mari Roets en haar pa, Kobus Delport, bestuur die...

Ensoötiese aborsie by klein herkouers

Estimated reading time: 5 minutes Ensoötiese aborsie is ’n bakteriese siekte wat deur Chlamydia...