Sunday, March 26, 2023

Oos-Kaap-inligtingsdae: Biosekuriteit en naspeurbaarheid loop saam

Estimated reading time: 3 minutes

Gegewe die bedreiging wat die rooivleisbedryf met betrekking tot bek-en-klouseer (BKS) in die gesig staar, het Agri Oos-Kaap en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) onlangs vier inligtingsessies in die Oos-Kaap gehou om produsente, agente, voerkraaleienaars en veeartse op hoogte te bring van die huidige situasie, beheermaatreëls en wat van die bedryf vereis word om hierdie siekte onder beheer te kry.

Die streke wat besoek is, was Van Stadensrivier by Gqeberha, Cradock, Komani en Stutterheim.

Leer meer oor wenke vir suksesvolle veilingstransaksies hier.

Diere- en menslike gesondheid in die waardeketting

Veeplaas het hul Stutterheim-sessie bygewoon waar die gesprek met die produsente en belangstellendes hoofsaaklik gehandel het oor die belangrikheid daarvan dat Suid-Afrikaanse produsente moet begin eienaarskap neem van die lewendehawebedryf in die land. Dit beteken dat die produsente self die reëls bepaal en neerlê wat betrekking het op die bedryf se primêre waardeketting, in plaas daarvan om dit in die regering se hande te laat.

Die hoof-doelwitte in die waardeketting het ook ter sprake gekom, naamlik om vee en/of vleis teen die besmoontlike pryse op plaaslike vlak én internasionaal te verkoop. Om dit reg te kry, is goeie onderlinge samewerking in die bedryf nodig, sowel as goeie naspeurbaarheid- en biosekuriteitsmaatreëls vanaf die plaas tot op die winkelrakke.

Lees meer oor BKB se notering op die Kaapstadse aandelebeurs hier.

Dr Shaun Morris, raadgewende veearts by die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, het afgeskop met ’n oorsig van die huidige BKS-situasie. “Goeie biosekuriteit is iets wat deur elke produsent in die land toegepas moet word,” het hy gesê.

inligtingsessies
Volgens dr Shaun Morris moet produsente waaksaam wees vir siektes soos bek-en-klouseer wat binne slegs 18 uur vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap kan versprei.

“Alle produsente moet in dieselfde rigting saamwerk. Daar moet, byvoorbeeld, kennis geneem word van die beweging van diere, mense en trokke op die plaas, omdat dit die grootste risiko vir BKS inhou. As produsent moet jy ten alle koste aanhou om jou besigheid self te bestuur, en sorg dra dat jy nie beheer van jou besigheid hoef oor te gee aan die bestuur van provinsiale of nasionale veeartsenykundiges nie.”

Lees meer oor die wetgewing rakende die vervoer van lewendehawe hier.

Dan Kriek het van die geleentheid gebruik gemaak om as ’n veeprodusente-verteenwoordiger by APAC die noodsaaklikheid aan te spreek van vee-agente se verantwoordelikheid om die regte biosekuriteitsreëls toe te pas. En as hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, het Dewald Olivier met die produsente gesels oor die primêre waardeketting en rooivleisbedryfsdienste. Hy het daarna verwys dat, met die nuwe strukture wat tans binne die rooivleisbedryf in plek gesit word, die land se produsente op die regte koers is om hul produkte met trots aan die wêreld te verkoop.

Laaste aan die woord was Günther Pretorius, bestuurder van natuurlike hulpbronne by Agri Oos-Kaap, wat die gehoor ’n dieper kykie gegee het na die belangrike rol wat vee-naspeurbaarheid speel, en die voordele wat daaruit geput kan word met middele soos die radiofrekwensie-identifikasiestelsel.

Lees meer oor hidrobreking in Suid-Afrika hier.

Met elke spreekbeurt was daar ook ’n geleentheid vir vrae vanuit die gehoor, en na die tyd kon bywoners tydens die middagete-sessie verder netwerk. – Carin Venter, AgriOrbit

Vir meer inligting, kontak Agri Oos-Kaap by 041 363 1890 of besoek www.agriec.co.za, of kontak die RPO in die Oos-Kaap by 049 802 6734 of besoek hul nasionale webtuiste by www.rpo.co.za.

Must read

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Die belang van vloedbestuur in die Krokodil-Wes besproeiingsgebied

Estimated reading time: 5 minutes Doeltreffende waterbestuur, veral ten opsigte van die beperking van vloedskade in besproeiingsgebiede, is noodsaaklik en in die belang van voedselsekerheid in Suid-Afrika. Daarmee saam moet besproeiingsboere watersekerheid hê om...

#kykweervrydag Plaas TV 20 – 24 Maart

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Agri-Expo is die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika...

Competition Commission kicks off fresh produce market inquiry

Estimated reading time: 3 minutes The Competition Commission’s Fresh Produce Market Inquiry was officially launched on 24 March in Pretoria after initial probes indicated alarmingly high levels of market concentration along the South African...

Agricultural research in the spotlight – the heat is on!

The Agricultural Research Council hosted its maiden inter-campus hybrid research conference this month. The theme was - The heat is on: the weird and the wonderful research in the ARC. Plaas TV attended this...