Obaro se nuwe handelswinkel maak eersdaags in Pretoria-Oos oop. Dit is Obaro se 27ste handelswinkel. Daarmee saam sal Obaro se Claas-agentskap binnekort na Marble Hall uitbrei en hulle splinternuwe aanlynwinkel sal verseker die boer in almal wakker maak. Al hierdie verwikkelinge draai om een gemeenskaplike as: BOER.

“Om te boer is deel van wie Obaro is. Dit is in ons bestaansreg ingegrein om ‘in lyn met die boer te wees’ en deur dit te doen wil ons die toekoms van landbou verander. Ons wil hê mense moet anders dink oor boer-wees,” sê Nic Bronkhorst, besturende direkteur van Obaro.

“Boere pas nie in boksies nie en geen twee boere is ooit dieselfde nie. Maar alle boere is pligsgetrou, passievol, hardwerkend, gedissiplineerd en nederig. Dis deel van hul posbeskrywing. As jy enige van hierdie eienskappe besit, is die kanse goed dat jy ook ‘n boer is. Selfs al boer jy deur met jou bakkie in die stad te ry of jou eie groentetuin te onderhou – jy is ‘n boer.”

Die beste verskeidenheid – ook aanlyn!

Obaro se uitgebreide produkreeks sluit alles in: van kunsmis, buitelewe, brandstof en versekering, tot finansiering en besproeiing. En hierdie is maar kategorieë uit die ongeveer 20 000 produkte wat ons bied.

Obaro Aanlyn bied meeste van dié produkte ook aanlyn, met die gerief van aflewering op jou voorstoep. Jy kan nou alles van hondekos, kampstoele, klerasie, gloeilampe en vele meer op Obaro Aanlyn koop, met gratis aflewering (enige plek in Suid-Afrika) vir aankope meer as R500.

Agriorbit-lesers kan die gemak van aanlyn-inkopies eerstehands ervaar deur www.obaro.co.za te besoek en 10% afslag te geniet met met hierdie spesiale kode: agriorbit, wanneer hulle hul trollies opkas.

Ons boer saam

“Om die boer se besigheid op elke plaas te wees, is Obaro se droom. Alles wat ons elke dag aanpak is daarop gemik om seker te maak dat ons ‘n verskil aan boere se lewens kan maak. Hetsy dit is om makliker of slimmer te boer of om ‘n trekker te koop – ons is daar. Ons boer saam. Ons kry ons voete op die plaas,” sê Nic.

Obaro se dienste is juis pasgemaak om boere deur middel van tegnologie toe te rus om so slim as moontlik te boer. Obaro se dienste sluit in:

“Die toekoms van landbou word deur tegnologie gedryf. Obaro is daartoe verbind om ons boere by te staan en toe te rus met die beste tegnologie om so slim as moontlik te boer. Dis ‘n opwindende tyd wat die landbou betree en Obaro is opgewonde om deel hiervan te wees,” sê Nic.

Besoek www.obaro.co.za vir meer inligting.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY