Nuwe voorsitter vir RVAV

Estimated reading time: 2 minutes

Niel Venter, operasionele direkteur van die Sparta Groep, is tydens die algemene jaarvergadering van die Rooivleis-abattoirvereniging (RVAV) by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes as nuwe voorsitter van die vereniging verkies. Hy volg dr Kabols Le Riche op wat sedert 2017 voorsitter van die RVAV was. Laurie Terblanche, eienaar van Tomis Abattoir, is as ondervoorsitter herverkies.

Dr. Le Riche het gesê die rooivleisbedryf het die vermoë om die regering te ondersteun in broodnodige aksies om die bedryf ten goede te transformeer. Die rooivleiswaardeketting het onlangs strukture in plek gekry wat in die toekoms ‘n baie belangrike rol sal speel om bystand aan die regering te verleen met aksies op grondvlak om te verseker dat dieregesondheid en die veiligheid van vleis altyd voorop gestel word.

Kyk Plaas TV se insetsel oor die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf.

Venter het na afloop van die jaarvergadering gesê dat hy as voorsitter in diens sal wees van die vereniging en sy lede. “Die Rooivleis-abattoirvereniging sal as organisasie aanhou om sy lede se behoeftes eerste te stel. ‘n Groot deel daarvan is om seker te maak dat ons opleiding voorsien, veral AgriSeta-goedgekeurde opleiding vir voedselveiligheid en slagtegnieke.”

“Die vereniging sal ook seker moet maak dat die bedryf volhoubaar bly en sy lede in vandag se onsekere tye leiding gee waar daar ‘n behoefte ontstaan,” het Venter gesê. – Hugo Lochner, AgriOrbit


Rooivleis: Marges op karkaspryse nie abnormaal

Die faktore wat die marges op karkas- en speenkalf- of speenlampryse bepaal, is die oorsaak dat die gaping tussen dié twee pryse die laaste ruk groter geword het. Die marges op karkasse is dus nie abnormaal hoog nie, het prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat tydens die Rooivleis-abattoirvereniging (RVAV) se kongres by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes, gesê.

Must read

BKB Merino Ope vertoon die room van SA Merino’s

Estimated reading time: 2 minutes Die BKB Merino Ope wat deur Nampo Kaap op Bredasdorp aangebied is, het 13 Merino-telers gelok wat met uitstekende diere teen mekaar meegeding het. Die teler wat die meeste...

Katoen-verwysingsprys: Week van 25 tot 29 September 2023

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

EDE Farming 2023 Boeredag: Bulkrag, die sleutel tot sukses

Estimated reading time: 3 minutes Op 30 Augustus vanjaar het EDE Frieslands, ’n vertakking van Ede Farming, hulle jaarlikse boeredag aangebied onder die tema ‘Bulkrag, die sleutel tot sukses’. Michiel Heyns, ’n Jersey-boer vanuit die...
Fluctuations in fertiliser prices impact on food inflation.

Inclusive regional value chains can create opportunities

The 17th Annual Competition Law, Economics, and Policy Conference hosted by the Competition Commission in conjunction with the Competition Tribunal recently brought together role-players in Johannesburg to share insights on the current state of...

RSG Landbou: 3 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

‘n Angoraprodusent van die Willowmore-omgewing, Fred Colborne, het vroeër vanjaar ‘n wêreldrekordprys vir ‘n baal kleinbokkiehaar behaal. Ons gesels met hom in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou en hoor wat sy ondersteuners van...