Wednesday, December 7, 2022

Nuwe trofee vir Shiraz-uitdaging

Estimated reading time: 4 minutes

Die uitblinkers van die tiende Shiraz SA Challenge is onlangs in die Paarl deur Shiraz SA bekendgemaak. Om die eerste dekade van dié jaarlikse kompetisie te vier, is ’n splinternuwe trofee en ’n groot kontantprys aangekondig.

Finaliste en bekendes in die wynbedryf het by Santé Wellness Retreat and Spa byeengekom vir vanjaar se glans toekenningsgeleentheid. Die alombekende radio- en televisiepersoonlikheid, Tracey Lange, was die seremoniemeester en die befaamde musikant, Schalk Joubert, het die gaste vermaak. Vinventions, die internasionale verskaffer van sluitmiddels vir wynbottels wat reeds vir ʼn geruime aantal jare by Shiraz SA betrokke is, was weer die hoofborg.

Lees meer oor Suid-Afrikaanse wyneksperimente hier.

Nuwe trofee vereer vader van Shiraz

Opwindende nuus is die instelling van die nuwe Bernard Podlashuk-trofee, vernoem na die “vader van Suid-Afrikaanse Shiraz”. Die trofee, met ’n kontantprys van R30 000, word deur Bellingham geborg. Bernard en sy vrou, Fredagh Podlashuk,het dié Franschhoek-plaas in 1943 gekoop en was die baanbrekers wat Suid-Afrika se eerste enkelkultivar Shiraz in 1956 gebottel het.

Vanjaar is die trofee aan die produsent wat die beste presteer het oor die tien jaar van die Shiraz SA Challenge toegeken, met Saronsberg wat die prys voor die neus van ’n paar sterk kandidate weggeraap het. Volgens Edmund Terblanche, voorsitter van Shiraz SA, sal die kriteria vir die Bernard Podlashuk-trofee in die toekoms ‘innovasie, uitnemendheid en volhoubaarheid’ wees.

“Ons is ingenome met die voortdurende prestasievermoë van Shiraz-produsente sedert die ontstaan van die kompetisie in 2013, asook van die Shiraz-versnit- en Shiraz Rosé-kategorieë wat onderskeidelik in 2014 en 2020 toegevoeg is,” sê Terblanche. “Ons sien uit na die potensiaal wat die volgende dekade vir die kultivar inhou.”

Vanjaar se wenners

Sestien wenners is in die kompetisie se drie kategorieë aangewys.

Die top 12 Shiraz van 2022 is:

Die 2022 Shiraz-versnitwenners is:

Die 2022 Shiraz Rosé-wenner is Allée Bleue Shiraz Rosé 2022.

Gehalte van inskrywings beïndruk

Die bekende wynmaker en keldermeester van De Grendel, Charles Hopkins, was die voorsitter van die beoordelaarspaneel. Die span gesoute proewers op die paneel was Higgo Jacobs (sommelier), Cathy van Zyl (Britse wynmeester), Riaan Möller (MAN Vintners-keldermeester en ondervoorsitter van Shiraz SA) en Frans Smit (Spier-keldermeester).  

Hopkins sê hy was oor die algemeen beïndruk met die gehalte van vanjaar se inskrywings. “Ek vind eikehout word slim gebruik. Daar is duidelike nuwe neigings soos laer alkohol. Meer vruggedrewe unieke Shiraz-geure soos kombuisspeserye, Mediterreense speserye, en swart- en witpeper gee ‘n nuwe diepte aan Shiraz.”

Kyk die Plaas TV insetsel oor die Kaapse wynbedryf hier.

Hopkins sonder Shiraz van enkelwingerd-afkoms uit. “Hierdie wyne weerspieël ’n unieke milieu wat eg is aan die plek van oorsprong en vanjaar het ons daardie element weer ervaar.”

Die proestelsel, wat in samewerking met Stellenbosch Universiteit ontwikkel is, bepaal dat elke beoordelaar die wyne in ʼn unieke volgorde proe en geen gesprekke daaroor voer nie. Die sagteware- en ondersteuningsverskaffer Wine MS, wat reeds sedert die ontstaan van die kompetisie betrokke is, het die beoordelaars weer bygestaan. Die ouditeursmaatskappy, Exceed Group, het die proses gemonitor en die uitslae gekontroleer.

Crystal Direct het vanjaar met ’n borgskap van groter glase, ideaal vir die proe van Shiraz, aan boord gekom. Lebone Paarl Labels is weer die borg van die bottelseëls vir wenwyne. Soos gebruiklik, is ʼn hoeveelheid van die wyne wat nie tydens die beoordeling gebruik is nie, aan die Pebbles Projek geskenk.

Leer meer oor die geskiedenis van Pinotage hier.

Vier nasionale Shiraz-dag

Ná die sukses van verlede jaar se eerste nasionale Shiraz-dag, nooi Shiraz SA vanjaar weer alle Shiraz-entoesiaste om dié dag op Sondag 21 Augustus landwyd te vier.

“Augustus is die perfekte tyd van die jaar vir Shiraz,” sê Terblanche. “Ons vier dit ’n hele week lank met ons jaarlikse Seven Days of Shiraz and Venison, in samewerking met deelnemende lede van Shiraz SA. Bespreek jou plek om seker te maak dat jy nie hierdie ervaring misloop nie.” – Persverklaring, Shiraz SA

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Hydroponic feed for intensive sheep production

Academics around the world tend to reject hydroponic feed...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...

Smart lambing camps for profitable Boer goat farming

PW Botha lost his heart on Boer goats during...