Razeen Johaar en Ken Craig van Standard Wool, kopers, Joe-Ann Naude, van BKB-wol tegnies, en Basie Claassen van BKB-wol, afslaer.

In November 2017 is ’n rekord opgestel vir die hoogste vetwolprys tot dusver vir die 2017/2018 seisoen. Een baal AH-wol van 16,8 mikron met ’n skoonopbrengs van 75,9 van PK Engelbrecht van die plaas Witbank in die Aliwal-Noord-distrik, is teen R213 per kilogram verkoop.

Die vorige rekordprys vir vetwol is in Oktober 2017 behaal toe twee bale AH-wol van 17 mikron (73,8 skoonopbrengs) van Mathew Morgan van die plaas Ventnor in die Tarkastad-distrik, vir R200 per kilogram verkoop is. – Ursula Human, AgriOrbit

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY