Nisboere is ’n unieke TV-program oor doodgewone mense met ongewone boerderye, wat dikwels met minimale spasie en fondse tot stand gebring is en waarmee ’n goeie bestaan geskep word.

Die reeks word geborg deur Laeveld Agrochem en is geïnspireer deur dié maatskappy se toewyding tot voedselsekuriteit en werkskepping.

Nisboere word Maandagaande om 20:00 vertoon op VIA, DStv Kanaal 147, en word elke Sondag om 17:30 herhaal.

Die Nisboere-aanbieders, welbekende akteurs Anrich Herbst en Chris de Clerq en bekroonde akademikus Simonia Magardie, besoek ongewone tipes boerderye in elke uithoek van die land, en bied praktiese advies aan kykers wat daarin belangstel om self met kleinskaalse boerderye te begin.

Die span leer ook weekliks by Laeveld Agrochem se proefplaas hoe ’n mens te werk gaan om self ’n groentetuin suksesvol tuis te skep. Hulle vind ook meer uit omtrent Laeveld Agrochem se Saadpakkies wat slegs R100 elk kos en wat in ’n paar maande genoeg groente vir ’n gesin van ses kan produseer. – Persverklaring

Klik hier vir meer inligting.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY