Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch het onteenseglik bewys dat wildsvleis gesond, smaaklik en sag is en dat dit beslis kommersieel bemark kan word. Van die grootste knelpunte is waarskynlik dat baie verbruikers dit nie ken nie en dat volgehoue lewering nog ’n probleem kan wees. ’n Nasionale bemarkingsveldtog kan dié uitdagings in geleenthede omskep.

Twee nagraadse studente, Alretha van Heerden en Retha Engels, het omvattende navorsing oor wildebees- en rooibokkarkasse gedoen en in die proses insiggewende inligting oor die smaak, geur, sagtheid en ander eienskappe van wildsvleis bymekaar gemaak. – Andries Gouws, Veeplaas

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY