Nampo Kaap sê dankie aan borge en voorsitter

Estimated reading time: 2 minutes

Die bestuur van Nampo Kaap het gedurende vanjaar se ekspo ’n spesiale funksie aangebied om die borge wat van die begin af in hulle geglo en ondersteun het, te bedank. Henk Aggenbach is die voorsitter van Nampo Kaap en hy het by dieselfde geleentheid terselfdertyd ’n toekenning ontvang.

Die borge wat Nampo Kaap deurentyd passievol ondersteun het is Overberg Agri, BKB, Hollard, Santam en Plaas Media, wat die hoof mediaborg van die geleentheid is.

Lees meer oor vanjaar se skou hier.

Nampo Kaap staan nie terug nie

Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, het tydens die geleentheid gesê Nampo Kaap is suksesvol omdat daar vrywillige deelname deur boere, hul eggenote en ander rolspelers is. Dit is waarop die sukses van Nampo Kaap asook Nampo-oesdag by Bothaville gebou is.

Beide geleenthede bied aan uitstallers die geleentheid om inkomste te genereer, terwyl die besoeker kan kies en keur, en hul besigheid kan doen. Die voordeel wat dit vir die plaaslike gemeenskappe inhou, moet nie vergeet word nie. “Die ekonomiese inspuiting wat ’n geleentheid soos Nampo Kaap vir Bredasdorp en die omliggende area inhou, is van ontsaglike waarde,” het hy gesê.

“Ek is trots om te sê dat dit wat in Bothaville plaasgevind het, net so na Nampo Kaap oorgedra is. Die bestuurspan van Nampo Kaap staan glad nie terug vir Bothaville nie en maak my net so trots soos die span in Bothaville,” het Matthews gesê.

Aggenbach vereer

Toit Wessels, die skou-organiseerder, het gesê enige suksesvolle span het ’n kaptein nodig wat leiding moet gee en ongemaklike besluite moet neem. Soms is die kaptein ongewild as gevolg van die besluite wat hy neem en soms verloop alles nie reg nie. Dan moet hy verantwoordelikheid neem en kritiek verduur.

Henk Aggenbach, skouvoorsitter, is ’n kaptein wat van dag een af deur sy leiding en met die ondersteuning van sy bestuur en ankerborge, Nampo Kaap gemaak werk het. Die bestuur van die skou het Aggenbach tydens die geleentheid vereer vir sy lojale en onbaatsugtige diens en sy passievolle bydrae tot die vestiging en uitbreiding van ’n suksesvolle Nampo Kaap.

2024 gaan ’n feesjaar wees

Nampo Kaap 2024 word van 11 tot 14 September in Bredasdorp gehou. Dit sal die vyfde Nampo Kaap wees en dit sal ook 30 jaar wees sedert die eerste meganisasiedag op die plaas NachtWacht by Bredasdorp aangebied is.

Plaas Media is die trotse mediaborg van Nampo Kaap. – Hugo Lochner, Plaas Media

Must read

Landbou in Noordwes verloor ‘n staatmaker

Estimated reading time: 3 minutes Landbou in Noordwes het onlangs een van sy groot geeste, wat diep spore in die bedryf getrap het, aan die dood afgestaan. Leon Bellingan, bestuurder van Agri Vryburg en...

Veesiektes aangemeld gedurende lente 2023

Estimated reading time: 7 minutes Die volgende veeartspraktyke en laboratoriums (132) het gedurende die lentetydperk van September tot Oktober 2023 veesiektes aangemeld. Mpumalanga (13) Bethal – Dr Hardus Pieters Ermelo – Dr Ben Potgieter Grootvlei – Dr Neels...

Van aartappelsiektes tot suiwel – Plaas TV bespreek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Sponsored by Stockfarm (Plaas Media), the 2023 ARC’s National...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 48

The weekly pork carcass price is brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. https://agriorbit.com/rooivleispryse-red-meat-prices-2/ Important notes Domestic pork carcass prices are weighted averaged abattoir purchase prices per category...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg ken sy storie as dit by die weer kom. Hy het die afgelope week met Lise Roberts oor die nuutste weersake op RSG Landbou gesels....