’n Toepassing vir vroue in landbou

0
163

Meer as 35 vroue het einde Augustus by Leriba Lodge bymekaargekom vir die ‘Woman in agriculture forum’ – ’n inisiatief deur Agri SA. Die groep het vroue uit verskeie ekonomiese sektore, vroue in verskeie leierskapposisies en vroue wat boer ingesluit.

Barbra Muzatka

Barbra Muzatka van Dupont Pioneer het suksesverhale van inisiatiewe en projekte wat vroue bemagtig gedeel en die kollig geplaas op struikelblokke wat vroue wat in die landbou werk, beleef. Tydens die fokusgroep-besprekings is ’n werksdokument oor dié struikelblokke saamgestel.

 

 

Mark Greeff
Jahni de Villiers

Mark Greeff van Aparate het die groep toegespreek oor ’n digitale platform wat beplan word vir vroue in die landbou in samewerking met AgriSA se vroueforum. Jahni de Villiers van Agri SA sê die idee vir dié platform het ontstaan deur samewerking met Aparate met die einddoel om ’n toepassing te bou wat vroue in die landbou met mekaar verbind. Die langtermyn-doelwit is selfs om met uitdagings soos marktoegang en inligtingoordrag te help. Die projek is nog in sy beginfase en die mikpunt is om dit vroeg in 2018 te loods. – Yolandé Roodt, AgriOrbit

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY