‘n Toename in veldram-inskrywings by Oos-Kaapse veldramprojek

Estimated reading time: 2 minutes

Die Oos-Kaap Boerbokklub se veldramprojek roem hulself op aangepaste veldramme wat altesaam vier keurings geslaag het, wat werkgereed is en hulself as geharde diere bewys het. Dié besonderse veldramprojek is in 1998 van stapel gestuur toe die eerste inname op 16 April 1998 op die plaas Buffelsfontein in die Jansenville-distrik plaasgevind het.

Vanjaar se kwota ingeskrewe veldramme, wat die 94-kerf gehaal het, dek die volle spektrum, naamlik Boerbokke, Savannas en Kalahari Reds. Marlé Slabbert van Osplaat Boerdery is vir die tweede agtereenvolgende jaar genader om beheer van die projek te neem, en volgens haar het altesaam 17 telers vanjaar ingeskryf.

  • veldramme
    Vanjaar se ingeskrewe veldramme van die Oos-Kaap Boerbokklub toon goeie potensiaal om uitstekende gehalte diere op te lewer.
Die Oos-Kaap Boerbokklub se veldramprojek roem hulself op aangepaste veldramme wat altesaam 4 keurings geslaag het & werkgereed is.

Lees meer oor die Suid-Afrikaanse veldrambedryf.

Die ramme sal die volgende fases oor die volgende maande moet slaag om vir die veiling wat vroeg in 2024 gehou word, te kwalifiseer:

  • Die aanpasfase – vanaf April tot einde Junie.
  • Die veldfase – Julie tot einde Oktober.
  • Die voerfase of afrondingsfase om die ramme gereed te kry vir die veiling – November tot Februarie 2024.

Vir meer inligting oor die Oos-Kaapse Boerbokveldramklub, kontak Richard Biggs, voorsitter van die Oos-Kaap se Boerbokklub, by 082 896 9226, of Marlè Slabbert by 082 578 3785. – Carin Venter, AgriOrbit


Oos-Kaap Boerbok-veldramprojek

Oubaas Slabbert het sewe jaar gelede die leisels van die boerdery op Osplaat aan sy dogter, Marlé Slabbert, oorhandig. Die Boerbok-ramme op Osplaat is deel van die Oos-Kaap Boerbokklub-veldramprojek. Carin Venter van Plaas Media het by Marlé besoek gaan aflê om meer hieroor uit te vind. 


Van boervrou tot boerbokteler

Die waarde van boerbokke om weiding saam met beeste optimaal te benut, word soms vlak gekyk. Op ’n relatiewe klein plaas in die omgewing van Vryburg, word dié voordelige stelsel egter baie doeltreffend benut.

So vertel Desré Ferreira, ’n boervrou en stoetboer van Vryburg. Sy het haar eie stoetery begin toe sy besef het dat, as sy langer haar man, Marius, se Bonsmara-stoetery probeer ‘organise’, dit dalk tot huismoles kan lei. Vandag vul die boerbokke die beesboerdery uitstekend aan.

Popular stories