CRV Xseed

CRV Xseed besef die behoefte aan ’n stewige aanbod van top bulgenetika vir die plaaslike vleisbees- asook suiwelbedryf. Die afgelope jaar het CRV Xseed in samewerking met die onderskeie telersverenigings, ’n groot aantal vleisbeesbulle aangekoop of gekontrakteer.

Angus-bulle

’n Swart Angus-bul met die naam Mr Consent is aangekoop uit die Joyce’s Angus-stoet. Hy het ’n geboortemassa van 32kg gehad en is reeds breedvoerig as ’n kalwingsgemak-bul aangewend in die suiwelbedryf.

               

Die jongste Angus-toevoeging is ’n Rooi Angus-bul, Joyce’s Mr Straw. Hy is van dieselfde teler aangekoop. Hierdie bul se vaar, Mr Strawbaro, was die SA Angus nasionale reserwe jongkampioen bul in 2015. Hy het ook die Angus-ras in die nasionale prestasietoetsklasse verteenwoordig. Mr Straw was ook die 2017 bulkalfkampioen tydens Agri-Expo Livestock in die Wes-Kaap.

             

Nguni-bul

’n Poenskop Nguni-bul genaamd Modderrivier is tydens die Nguni nasionale veiling aangekoop.

Bonsmara-bulle

’n Uitstaande Bonsmara-bul met die naam Ramps, is tydens Frikkie Kruger van Boshoff se produksieveiling aangekoop. Die bul se produksiesyfers en konformasie is uitstekend.

Brangus-bulle

Twee nuwe Brangus-bulle het hulle ook by CRV Xseed se vleisbees-groepering aangesluit. Hulle is Dozer, ’n aangekoopte bul, en Rocky the Brangus, wat die Brangus-ras by Nampo verteenwoordig het en van Bullet Brand Brangus gekontrakteer is.

         

Nog genetika beskikbaar van CRV Xseed

  • Hereford, Senepol, Tuli, Santa Gertrudis, Simmentaler, Rooi Brahman asook Swart en Rooi Wagyu.
  • ’n Bewese Sussex-vaar van Huntersvlei genaamd Speedy 2nd voeg nog meer waarde toe tot die rasse wat reeds by CRV Xseed verteenwoordig is.

Bogenoemde bulle se genetika is beskikbaar by CRV Xseed se konsultante regoor die land.

Vir meer inligting, skakel Roy Dixon van CRV Xseed by +27 (0) 51 444 3350 of epos roy@xseed.co.za of besoek http://xseed.co.za/

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY