Voermol is al langer as 55 jaar ’n baanbreker in die veevoerbedryf en die doeltreffendheid van Voermol se produkte en kostedoeltreffende voerstelsels is telkens in die veld bewys. Voermol het onlangs hul logo herontwerp om dié hoë-gehalte handelsmerk in die veevoermark beter te weerspieël, maar terselfdertyd herkenbaar te bly.

Read the English article.

Die maatskappy se slagspreuk, ‘Wat die natuur kort – sal Voermol voorsien’, bly dieselfde en reflekteer hul volgehoue verbintenis tot die verbetering van produktiwiteit en die winsgewendheid van herkouerveeondernemings deur:

  • Produsente in staat te stel om hul vee strategies te voer sodat hulle hul opbrengs op belegging kan maksimaliseer.
  • Waardevolle inligting oor produktiwiteit te vervaardig, versamel en versprei.
  • Opleiding en kundige advies aan kommersiële en opkomende veeboere te verskaf.
  • Professionele interaksie te bevorder en só die landboubesigheidsomgewing in die belang van al Suid-Afrika se veeprodusente te verbeter.

Voermol is trots op die lang pad wat die maatskappy gestap het, asook die vennootskappe wat oor die jare met landboubesighede en boere van regoor Suid-Afrika gesmee is. Die Voermol-verhaal is gegrond op wetenskap, asook ’n onwrikbare benadering tot gehalte.

Volgehoue, uitsonderlike diens

Die maatskappy ontwikkel voortdurend innoverende nuwe produkte wat die bestaande reeks melasse-gebaseerde aanvullings komplementeer. Sodoende word verseker dat die genetiese potensiaal van herkouerdiere keer op keer ten volle ontgin word.


Voermol se hoogs ervare en kundige tegniese en verkoopspan is bekend vir sy sterk vennootskappe met kliënte. Die span bied kundige raad en aanbevelings wat die produksie en winsgewendheid van boerderybesighede deur middel van wêreldklasprodukte verbeter.

Soos wat die maatskappy groei en ontwikkel, onderneem Voermol om voort te bou op die gehalte produkte en dienste wat hulle aan die bedryf voorsien, en om verbetering in alle sakebedrywighede voorop te stel.

Voermol bedank hul kliënte, koöperasies, sakevennote, personeel en hul families vir hul volgehoue vriendskap, lojaliteit en ondersteuning. Kom ons werk saam aan ’n blink en volhoubare toekoms.

Vir meer inligting, besoek die webwerf of die Facebook-blad.