MyFarmWeb™
MyFarmWeb™ is ’n aanlyn-platform wat ’n verskeidenheid geografiese en ander datastelle op ‘n toeganklike wyse huisves.

Data blits daagliks deur rekenaars en verbind mense regoor die wereld. Daagliks word ondenkbare hoeveelhede megagrepe data geskep. Teen die jaar 2020 sal jy 1,7 megagrepe data skep vir elke sekonde van jou bestaan. Saam sal ons teen dieselfde jaar ’n digitale heelal skep wat uit meer as 44 triljoen gigagrepe data bestaan.

Read this in English.

Ten spyte van die digitale wêreld waarin ons leef en die massas data wat beskikbaar is, word slegs 0,5% van alle data ontleed en verder benut. So doen die meeste presisieboerderystelsels vandag ontledings wat data vrystel, maar baie min van die data word met ander datastelle vergelyk en verder in besluitneming benut. Dink net watter potensiaal in die digitale data-heelal opgesluit is. Word die potensiaal egter ontsluit?

Met dit in gedagte, het AgriTechnovation en Laeveld Agrochem besluit om MyFarmWeb™  te ontwikkel. Die platform se doel is om produsente by te staan in hul daaglikse en langtermyn-bestuur en om sodoende presisieboerdery in die hand te werk. Die proses is in Maart 2015 aan die gang gesit en in Maart 2016 is die platform die eerste keer in werking gestel.

Met MyFarmWeb™ wil AgriTechnovation en Laeveld Agrochem ’n aanlyn-platform skep wat die landbou in staat sal stel om nuwe hoogtes te bereik. Die doel is eenvoudig: Skep orde uit chaos. Die platform het reeds menige boer gehelp om data tot sy voordeel in besluitneming te gebruik.

Data in oorvloed

Die beskikbaarheid van data is lank reeds nie meer ’n uitdaging, maar hoe toeganklik is dié data? Hoeveel van die massas data wat elke dag geskep word, is in ’n bruikbare formaat aan gebruikers beskikbaar? Boerderydata ontstaan dikwels uit ’n verskeidenheid bronne en is dan ook in ’n verskeidenheid formate beskikbaar.

Hoe groter die boerdery-eenheid, hoe vinniger versamel die data en voor die produsent sy oë uitvee, sit hy met kaste vol lêers, laaie vol papiere en verskeie hardeskywe vol inligting. Vinnig raak dit ’n groot uitdaging en ’n baie tydrowende taak om ’n spesifieke stel data te vind of byvoorbeeld kaarte te vergelyk.

 Dit is presies hier waar MyFarmWeb™ ’n baie belangrike rol het om te speel. Dit is om die groot verskeidenheid beskikbare data op een plek te berg en aan gemagtigde gebruikers beskikbaar te stel. MyFarmWeb™ is dus ’n inligtingsplatform vir besluitneming in boerdery en laat die omskakeling van rou data na inligting, inligting na aksieplanne en uiteindelik aksieplanne na groter wins toe.

Die stelsel stel jou in staat om dadelik te weet watter besluite en stappe geneem moet word om jou boerdery meer volhoubaar en winsgewend te maak. Tegnologie word gebruik om die uiters ingewikkelde, uiters eenvoudig te maak. MyFarmWeb™ is ’n ingewikkelde stelsel wat ’n eenvoudige en gebruikersvriendelike koppelvlak gebruik om data verteerbaar te bedien.

 Voordele in oorvloed

MyFarmWeb™ gaan jou beslis tyd spaar. In die verlede moes jy deur stapels papier of massas aanlyn-dokumente sif om die inligting waarna jy soek, te vind. Met MyFarmWeb™ kan jy vinnig jou vinger op presies die regte dokument lê, die dokument in die fynste besonderhede bestudeer, ontleed en met ander datastelle vergelyk.

Nog voordele van MyFarmWeb™ sluit in dat al die geografiese inligting oor jou plaas veilig op een plek en in een stelsel – veilig en onafhanklik van jou rekenaar – geberg word. Inligting is slegs aan jou en die gebruikers wat jy gemagtig het, beskikbaar. Gemagtigde gebruikers kan die inligting vanaf enige rekenaar, met behulp van ’n internetverbinding bereik.

Verder stel die stelsel jou ook in staat om sonder groot moeite verskillende kaarte te vergelyk, data vinniger en makliker te interpreteer, en sonder moeite die nodige stappe daaruit af te lei.

Antwoorde op jou vrae

Hoe werk MyFarmWeb™? ’n Gebruiker kry ’n unieke gebruikersnaam en wagwoord. Met die intekenbesonderhede kry hy toegang tot die stelsel en sy profiel. Hy kom dan by ’n koppelvlak uit wat soortgelyk is aan dié van Google Earth. Al die inligting op die stelsel relevant tot die plaas en die gebruiker, word dan op dié skerm vertoon.

Die inligting wat op MyFarmWeb™ vertoon word, sluit lugfoto’s, padkaarte en titelaktes en grensdata van alle plase in Suid-Afrika in. Die inligting spesifiek van die plaas, word dan teen die agtergrond van een van die bogenoemde lae vertoon.

Waar kom die inligting vandaan? Data word deur die stelsel én die gebruiker geskep. Al AgriTechnovation se presisieboerderywerk se gevolglike data word outomaties op die stelsel gelaai. Data wat deur ander diensverskaffers geskep word, kan ook aan AgriTechnovation gestuur word sodat dit op die stelsel gelaai kan word. Data wat op die plaas deur die gebruiker geskep word, word elektronies aan AgriTechnovation gestuur en opgelaai. Gebruikers kan ook hul eie foto’s, kaarte, verslae en dies meer direk op die stelsel laai.

Onthou, jou data is altyd veilig en toegang daartoe word altyd beheer. Ten spyte van al die tegniese praatjies oor MyFarmWeb™, is dit ’n eenvoudige stelsel om te gebruik. Die meeste rekenaarvaardige gebruikers verstaan die stelsel binne oomblikke. Tegniese ondersteuning is ook altyd beskikbaar.

Wil jy meer weet? Besoek www.laeveld.co.za of kontak jou Laeveld Agrochem-agent.

Luister: ‘n Toep vir presisieboerdery

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY