Verteenwoordigers van CMW het van die afdelings beoordeel. Hiers hulle saam met die span van Laer- en Hoërskool Balfour. Die beoordelaars is Hennie Geldenhuys, JP le Roux en Nico von Wielligh.

Altesaam 87 laer- en hoërskoolleerlinge het onlangs by die Pienaarsdam-vakansieoord duskant Middelburg saamgetrek vir die tweede van drie uitdunne vir die Mpumalanga-jeugskouspan. Leerlinge van Hoërskool Middelburg, Morgenzon Landbou-akademie, Laer- en Hoërskool Balfour, Hoërskool Hoogenhout en Hoërskool Ermelo is in 15 kategorieë prakties en teoreties beoordeel. Punte wat hier behaal is, word gevoeg by die uitslae van die uitdunne op Morgenzon, wat onlangs gehou is, en die uitslae van uitdunne wat 25 Mei op Balfour gehou sal word. Deelnemers met ’n gemiddelde skoupunt bo 65%, geneem oor die drie uitdunne, kwalifiseer dan vir die Mpumalanga-jeugskouspan, wat na die nasionale jeugskoukampioenskappe in Oktober deurdring. – Marike Brits

Lees nog oor jeugskoue hier:

Gautengse Jeugskouwenners

Jeugskou op Morgenzon wek wye belangstelling

Jongmense van Noord-Kaap wys hul slag

Dierehantering is ’n kuns vir die jeug

Strawwe kompetisie by Agri-Expo Wes-Kaap jeugskou-kampioenskappe

Video: Rol van jeugskoue in die landbou

Deelnemers gesels oor die Middelburg-jeugskou

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY