Motivering kry nuwe betekenis by Philipstown-interskou

Estimated reading time: 2 minutes

Die jaarlikse Philipstown-interskou is op 24 Junie vanjaar op die plaas Vrede van Diederik Vermeulen in die Philipstown-distrik aangebied.

Prof Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg was die gasspreker van die oggend. Met “Die stand van die ekonomie in die land en vooruitsigte” as tema, het hy oor die politieke kwessies in die land, en wat Suid-Afrikaners kan verwag met die volgende verkiesing, uitgebrei.

Volgens hom sal landbou altyd ’n rol in die toekoms van die land speel, omdat dit so ’n lewensbelangrike sektor is. Daar word baie houe na die landbou gemik maar, het hy gesê, boere moet hulle nie te veel daaraan steur nie. Landbou se troefkaart is dat Suid-Afrikaners elke dag steeds moet eet.

  • Die beoordeling van jong Merino-ooie tydens die Philipstown-interskou was geen maklike taak nie. Beoordelaars het groepe van ses ooie volgens hul wol en bouvorm beoordeel. Van links is Carl Battenhaussen (ringmeester van Philipstown), Pierre-Louw Fourie (BKB Victoria Wes), Hardie van der Heever (House of Fibre), Johan Botes (House of Fibre) en Hannes Olivier (OVK Beaufort Wes). Die wenners is later die aand tydens ’n funksie aangekondig.

Johan en Michael Malan van Simonsig-wyne het ’n kort bekendstelling van hul produkte aangebied.

Isak Staats van BKB was die gasspreker tydens die middagsessie. Dit tema van sy praatjie was “Hoe sien jy jou gat?” en boere was nuuskierig om te hoor wat hy oor so ’n op-die-man-af-onderwerp te sê het.

Sy boodskap was dat elke boer hom- of haarself moet oriënteer en dit wat hy of sy kan doen, goed doen. Net soos daar op die meeste veeplase nie plek vir passasiers is nie, het hy gesê, is daar in die landbou as geheel ook nie meer plek vir passasiers nie. Diegene wat nie hul kant gaan bring nie, sal uitval en hul plekke gaan deur ander boere ingeneem word. Om volhoubaar te boer verg kennis, insig en ’n besef dat ’n mens moet aanpas by die veranderende vraag van die verbruiker.

Lees meer oor NWKV se skaapdag.

Jongooi Interklub-kompetisie

Die hoof-aktiwiteit van die dag was die Jongooi Interklub-kompetisie. Nege Jongooi-klubs het hieraan deelgeneem. Groepe van ses ooie van die Middelburg-, Noupoort-, Junior Modern Merino’s-, die Modern Merino’s-, Kraankuil-, De Aar-, Philipstown-, Colesberg- en die Vrystaat Jongooi-klubs het om die eerste plek meegeding.

Johan Botes en Hardie van den Heever van House of Fibre en Hannes Olivier van OVK het die beoordeling behartig, met Carl Battenhaussen as ringmeester en Pierre-Louw Fourie van BKB as beampte.

  • Verskeie wolprodukte is tydens die Philipstown-interskou uitgestal en te koop aangebied.

Hulle het na die diere se bouvorm asook hul wol gekyk. By die bouvorm is opgelet na die dier se kop, voorkwart, middellyf, agterkwart en bene en by die wol is opgelet na die kwaliteit, egaligheid van die wol, olie, lengte en onderlyne.

Die beste ooitjie van die dag kom uit die kudde van Carl Battenhaussen van Philipstown en die klubs wat  die eerste drie plekke verower het, was Junior Modern Merino’s in die eerste plek, Philipstown tweede en Modern Merino’s in die derde plek. – Koos du Pisanie, AgriOrbit

Must read

Kanola ervaar dinamiese oplewing

Estimated reading time: 7 minutes Die toekoms van die kanolabedryf in Suid-Afrika is vanjaar in een van die sessies van ‘Nasie in Gesprek’ by Nampo Kaap op Bredasdorp bespreek. Groei in die kanolabedryf, hoe...

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – sedert Maart vanjaar het die dam met meer as 50% gestyg. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad gee terugvoer hieroor...

Cream of the crop recognised during yield competition

Estimated reading time: 2 minutes The best of the best was recently crowned at Grain SA’s Grow for Gold Awards ceremony held in Johannesburg. The awards are aimed at giving recognition to producers who...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Get ready for the 2023 ARC National Beef Performers Awards

Estimated reading time: 6 minutes The Agricultural Research Council (ARC) will once again present its National Beef Performers Awards in 2023. This is the 45th instalment of the awards, the aim of which is...