Motivering kry nuwe betekenis by Philipstown-interskou

Estimated reading time: 2 minutes

Die jaarlikse Philipstown-interskou is op 24 Junie vanjaar op die plaas, Vrede, van Diederik Vermeulen in die Philipstown-distrik aangebied.

Prof Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg was die gasspreker van die oggend. Met ‘Die stand van die ekonomie in die land en vooruitsigte’ as tema, het hy oor politieke kwessies in die land gesels en vertel wat Suid-Afrikaners met die volgende verkiesing te wagte kan wees. Die landbou ontvang baie houe maar, het hy gesê, produsente moet hulle nie te veel daaraan steur nie. Landbou se troefkaart is dat Suid-Afrikaners elke dag steeds moet eet.

  • Johan Malan en sy seun Michael van Simonsig-wyne naby Stellenbosch, het skougangers meer geleer oor hierdie wynkelder se wyne tydens die skou.
    Johan Malan en sy seun Michael van Simonsig-wyne naby Stellenbosch, het skougangers meer geleer oor hierdie wynkelder se wyne tydens die skou.

Isak Staats van BKB was die gasspreker tydens die middagsessie. Dit tema van sy praatjie was ‘Hoe sien jy jou gat?’ en produsente was nuuskierig om te hoor wat hy oor so ’n op-die-man-af-onderwerp te sê het.

Sy boodskap was dat elke produsent hom- of haarself moet oriënteer en dit wat hy of sy kan doen, goed doen. Net soos daar op die meeste veeplase nie plek vir passasiers is nie, het hy gesê, is daar in die landbou as geheel ook nie meer plek vir passasiers nie. Diegene wat nie hul kant gaan bring nie, sal uitval en hul plekke gaan deur ander produsente ingeneem word. Om volhoubaar te boer verg kennis, insig en ’n besef dat ’n mens moet aanpas by die veranderende vraag van die verbruiker.

Lees meer oor Agri-Expo se bespreking oor die waarde van landbouskoue.

Jongooi-interklubkompetisie

Die hoof-aktiwiteit van die dag was die Jongooi-interklubkompetisie waaraan nege jongooi-klubs deelgeneem het. Groepe van ses ooie van die Middelburg, Noupoort, Junior Modern Merino’s, Modern Merino’s, Kraankuil, De Aar, Philipstown, Colesberg en Vrystaat jongooi-klubs het om die eerste plek meegeding.

Johan Botes en Hardie van den Heever van House of Fibre en Hannes Olivier van OVK het die beoordeling behartig, met Carl Battenhaussen wat as ringmeester opgetree het met Pierre-Louw Fourie van BKB as beampte.

Hulle het na die diere se bouvorm asook wol gekyk. By die bouvorm is opgelet na die dier se kop, voorkwart, middellyf, agterkwart en bene. By die wol is opgelet na die gehalte, egaligheid van wol, olie, lengte en onderlyne.

Die beste ooitjie van die dag kom uit die kudde van Carl Battenhaussen van Philipstown en die klubs wat die eerste drie plekke verower het, was Junior Modern Merino’s in die eerste plek, Philipstown tweede en Modern Merino’s in die derde plek. – Koos du Pisansie, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Diederik Vermeulen by 082 482 6985.

Must read

BKB Merino Ope vertoon die room van SA Merino’s

Estimated reading time: 2 minutes Die BKB Merino Ope wat deur Nampo Kaap op Bredasdorp aangebied is, het 13 Merino-telers gelok wat met uitstekende diere teen mekaar meegeding het. Die teler wat die meeste...

Katoen-verwysingsprys: Week van 25 tot 29 September 2023

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...

EDE Farming 2023 Boeredag: Bulkrag, die sleutel tot sukses

Estimated reading time: 3 minutes Op 30 Augustus vanjaar het EDE Frieslands, ’n vertakking van Ede Farming, hulle jaarlikse boeredag aangebied onder die tema ‘Bulkrag, die sleutel tot sukses’. Michiel Heyns, ’n Jersey-boer vanuit die...
Fluctuations in fertiliser prices impact on food inflation.

Inclusive regional value chains can create opportunities

The 17th Annual Competition Law, Economics, and Policy Conference hosted by the Competition Commission in conjunction with the Competition Tribunal recently brought together role-players in Johannesburg to share insights on the current state of...

RSG Landbou: 3 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

‘n Angoraprodusent van die Willowmore-omgewing, Fred Colborne, het vroeër vanjaar ‘n wêreldrekordprys vir ‘n baal kleinbokkiehaar behaal. Ons gesels met hom in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou en hoor wat sy ondersteuners van...