Saturday, September 14, 2024
HomeAgri NewsMosselbaai hou suksesvolle Merino kudde-evaluering

Mosselbaai hou suksesvolle Merino kudde-evaluering

Estimated reading time: 3 minutes

Die jaarlikse Merino Kudde-evalueringsdag wat onlangs vir die 45ste keer plaasgevind het, is die oudste van sy soort in Suid-Afrika. Die dag is aangebied deur BKB in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), Caledon. Die jongste inligting rakende hoe om maksimum potensiaal binne ’n boerdery te bereik is met besoekers gedeel.

Tien deelnemers van regoor die streek het agt ooilamme of tweetand-ooie gebring om geëvalueer te word. Die kwaliteit en gehalte van die ooie was weereens uitstekend en daar was sterk kompetisie tussen deelnemers. Elke deelnemer het homself gemeet aan sy mede-deelnemers om sodoende te bepaal waar sy kudde verbeter kan word.

Lees meer oor die onlangse BKB Merino Classic hier.

Die betrokkenes by die dag sluit in: Gawie Van Wyk van Carnarvon, beoordelaar, Jannie Fourie van Caledon, NWKV, Bennie Pienaar, voorsitter, Pieter Aucamp, BKB skaap- en woladviseur, en Hennie Senekal, BKB Lewendehawe.

Die wenners is soos volg:

Algehele wenners:

1. André De Jager – Swartklip, Albertinia

2. Willie Oosthuizen – Môreson, Albertinia

3. Louise Muller – Ouland, Mosselbaai

Beste wol

1. André De Jager – Swartklip, Albertinia

2. Willie Oosthuizen –  Môreson, Albertinia

3. Louise Muller – Ouland , Mosselbaai

Beste bouvorm

1. André De Jager – Swartklip, Albertinia

2. Willie Oosthuizen – Môreson, Albertinia

3. Louise Muller – Ouland, Mosselbaai/ Corne Muller – Hagelkraal, Hartenbos

Beste langwol ooi

1. Stoffel Fivaz – Excelsior, Johnsons Post

Beste kortwol ooi

1. André De Jager – Swartklip, Albertinia

Wenner tussen 300 tot 500 ooie

1. Louise Muller – Ouland, Mosselbaai. – BKB


Wolhamel-lammerprojek en Noordoos-Kaapse skeerkampioenskap

Die eerste rondte van die Witkop-landbouvereniging in die Noordoos-Kaap se wolhamel-lammerprojek, is tans in volle swang. Die doel van die projek, wat deur die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) ondersteun word, is om die waarde van ‘n wolhamelvertakking as ‘n alternatiewe inkomste op ‘n skaapplaas in die huidige ekonomiese klimaat te demonstreer.

Volgens Jan van der Walt by BKB, het vanjaar se inskrywings op 22 April gesluit en neem 56 groepe produsente van regoor die land deel. Die oogmerk is om dit ‘n jaarlikse instelling te maak en diegene wat die inskrywingsdatum misgeloop het, sal geleentheid kry om vir 2025 se projek in te skryf.

Must Read

RSG Landbou: 10 September 2024 – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes In September word Wêreldskolemelkdag gevier – wat is die doel hiervan en watter aktiwiteite word plaaslik aangebied ter viering? Christine...