Miljoene rande se haelskade by Levubu

Share This Post

Estimated reading time: 3 minutes

ʼn Haelstorm het onlangs miljoene rand se skade aan avokado- en neut-oeste by Levubu in die noorde van Limpopo aangerig. Die storm het ʼn relatiewe klein gebied getref, maar alles weggeslaan.

Fanie Havinga, voorsitter van die Soutpanbergse distrikslandbou-unie, sê hoewel dit nog vroeg is, word die skade op nagenoeg R100 miljoen geskat. Sowat tien tot 15 produsente in die omgewing van die Albasini-dam tussen Makhado en Levubu het baie groot skade gely.

Die storm het laat Maandagmiddag losgebars en hael tot so groot soos duifeiers, wat deur ʼn sterk wind aangedryf is, het teen ʼn geweldige intensiteit geval. Produsente wat al lank in die gebied bly, sê hulle het nog nooit so iets beleef nie. Havinga meen van die bome se bas is deur die hael afgestroop.

ʼn Haelstorm het onlangs miljoene rand se haelskade aan avokado- en neut-oeste by Levubu in die noorde van Limpopo aangerig. (Foto’s: TLU SA Noord)

Minstens vier van die produsente is groot avokado-produsente wat dié week sou begin pluk het vir die uitvoermark. Die hele oes is af of stukkend geslaan en hulle twyfel of daar vrugte sal wees wat plaaslik bemark sal kan word.

Lees meer oor risikobestuur in die vrugtebedryf.

Jong avokado-boompies se blare en takke is afgeslaan sodat net die stamme nog staan. Selfs die gras en onkruid tussen die bome is so plat geslaan dat dit lyk asof dit met ʼn bossieslaner bewerk is. Makadamia-neute wat oesgereed was, is afgeslaan en kan nou opgetel word, maar ʼn voorlopige opname wys dat dit nie eers die moeite werd is om die pekanneute te probeer optel nie, aangesien dit deur die hael stukkend geslaan is.

Hoë prima-uitleenkoers tref produsente hard.

Skade is ook aan die bosbouplantasies en piesang-aanplantings aangerig. Etlike strukture se dakke is afgeruk en bome het ook op geboue geval. Baie werksgeleenthede is nou ook daarmee heen met oesspanne wat huis toe gestuur moet word omdat daar nie vrugte is om te pluk nie, sê Havinga. – Andries Gouws, AgriOrbit

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...

Smart lambing camps for profitable Boer goat farming

PW Botha lost his heart on Boer goats during...