
Estimated reading time: 1 minute
Lot 2 (PER19-006) is tydens Mielieboere Bonsmaras se 33ste produksieveiling, 24 Februarie 2022 op Hopefield, Viljoenskroon, vir die hoogste prys van R250 000 verkoop. Gert Nel, Germar Bonsmaras, en Erik Strauss, Jarico Bonsmaras, het saamgespan om hom te koop. Eduard Roux van Viljoenskroon, is die teler. Die 41 bulle is teen ‘n gemiddelde prys van R93 659 verkoop. Mike Killassy was die afslaer en André Kock en Seun Limpopo het die veiling aangebied. Kopers kon ook aanlyn via SwiftVee se platform bie. Vir die volledige veilingverslag, loer na die tabel hier onder.
- 41 bulle is teen ‘n gemiddelde prys van R93 659 stuk verkoop.
- Die hoogste prys was R250 000
- Naashoogste prys R220 000.
- Die vroulike diere het ook baie goeie pryse behaal.
- Afslaer: Mike Killassy
- Veilingshuis: André Kock en Seun Limpopo – Madelaine van Heerden, Mediaboer