Mertech Cable & Wire

Mertech Cable & Wire is ’n spesialis-verskaffer van ’n reeks produkte wat uiterste toestande kan weerstaan en aan spesifieke kriteria voldoen, veral in die landbousektor.

Mertech Cable & Wire word beheer deur Mertech Marine wat in 1998 gestig is. Dit is die eerste onderneming in die wêreld om uitgediende ondersese telekommunikasiekabels op ’n omgewingsvriendelike manier te herwin.

Mertech Cable & Wire bemark en verkoop staalkabel- en draadprodukte wat van dié ondersese

telekommunikasiekabels herwin is. Hierdie produkte bied aan die landboubedryf ’n ekonomiese alternatief en boonop reusebesparings.

Beter breekkrag

Die staalkabels wat op die oomblik beskikbaar is, wissel van 6mm- en 7mm-diktes in deursnee. Toetse wat op die kabels uitgevoer is, toon ’n breekkrag van onderskeidelik 52kN (5,2 metrieke ton) en 79kN (7,9 metrieke ton) op die 6mm en 7mm-kabels.

Beeskrale en wildheinings

Hierdie kabels is ideaal om beeskrale en wildheinings te bou. Mertech Cable & Wire lewer die afgelope sewe jaar dienste op hierdie gebied in Suid-Afrika en Namibië.

Produkbeskerming

Nog ’n handige kenmerk van hierdie kabels is dat dit in die vorm van haelnette oor wingerde, sitrus- en vrugteboorde opgerig kan word. Talle sulke boorde, veral in Limpopo en Mpumalanga, is met nette bedek wat deur Mertech Cable & Wire se kabels ondersteun word.

Twee nuwe kabels wat op die oomblik in die ontwikkelingsfase is, sal binnekort beskikbaar wees en gebruik onderskeidelik 3 x 1,2mm draadstringe en 4 x 1,2mm draadstringe.

Omheining en oplei

Staaldraad, wat ideaal is vir die omheining en oplei van groente, sitrus, wingerde en vrugteboorde, wissel in deursnee:

0,75-, 1,0-, 1,2-, 1,3-, 1,4-, 1,6-, 1,8-, 1,9- en 2,64mm. Nog ’n nuwe ontwikkeling is om die drade (hierbo genoem) in binddraad te omskep.

Dikker drade is ook in die volgende groottes beskikbaar: 3,4-, 4,9-, 5,1- en 6,96mm. Hierdie drade is gegalvaniseer en word as “offset brackets” in elektriese heinings aangewend om jakkalse van die skape weg te hou. Tesame met ander gebruike, kan hierdie dikker drade by ankers geïnkorporeer word wat aan die einde van oplei-rye in groentetuine, wingerde, sitrus- en vrugteboorde gebruik word.

Meer om te bied

Dis vir ons aangenaam om aan te kondig dat ons reeks “straight and peg” (ook bekend as “turn and peg”) insluit, wat in die jong en groeifase van wingerde, sitrus- en vrugtebome gebruik kan word.

Mertech Cable & Wire glo in innovasie en ons fokus daarop om ’n produk te lewer wat aan ons kliënte se behoeftes voldoen. Kontak ons gerus vir enige staalkabel-, draad- en “offset bracket”-behoeftes.

Vir meer inligting, skakel 081 549 1109, 021 981 8266 of 076 784 3205, stuur ’n epos aan info@mertechmarine.co.za of besoek die webtuiste www.mertechmarine.co.za.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY