Estimated reading time: 3 minutes
Konsortium-Merino het geen bekendstelling nodig wanneer dit by hardwerkende, veldaangepaste skape kom nie, en vandeesweek het Plaas Media saam met hul stigterslid, Gawie van Heerden, op die Oos-Kaapse dorp, Cathcart, gekuier.
Vanjaar se bemarkingstoer wat tot so ver as die Vrystaat, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Suid- en Wes-Kaap strek, word vergesel deur drie Merino-stoetramme met die name Pot, Pan en Deksel, wat heel gepas aansluit by vanjaar se Konsortium-tema “Die tafel is gedek”. Nes hul voorgangers van verlede jaar, Sout en Peper, en Brolloks, Bittergal en Brakanjan wat die land in 2021 vol gery het, sal die drie nuwelinge altesaam sowat 10 000km aflê.
Lees meer oor Merino produksie.


Die idee van die bemarkingstoer is om Konsortium-veldskape regoor die land bekend te stel aan produsente wat nog nie werklik blootgestel was aan hul unieke eienskappe nie. “Die hele idee met Pot, Pan en Deksel asook die vorige jare se ramme is om vir die mense te wys hoe mooi ’n Konsortium-ram as ’n dubbeldoelras kan lyk as hy versorg word,” sê Gawie. “Die ramme sal in September vanjaar aanlyn by Nampo-Kaap verkoop word. Intussen is Konsortium-Merino sterk op pad na ons 100ste veiling wat op 15 Februarie op Dombietersfontein by Victoria Wes gehou gaan word.”
Vir meer inligting, kontak Gawie van Heerden by 082 321 3233 of gawie@konsortium-merino.com. – Carin Venter, Plaas Media
Suksesvolle 2023 Merino-adviseurskortkursus en -eksamen
Die jaarlikse Merino-adviseurskortkursus is van 12 tot 15 Junie onder die vaandel van Merino SA naby Middelburg in die Karoo by Jannie en Marlize Moolman op die plaas, Rusoord, aangebied. Die plaas het in die verlede bekendheid verwerf vir die Mighty Men-byeenkomste onder leiding van Angus Buchan.
Volgens Willie van Heerden, Merino SA se bestuurder, is die kursus ’n baie belangrike faset van Merino SA se aktiwiteite omdat die persone wat as adviseurs kwalifiseer, veral skaap- en wolbeamptes by die onderskeie makelaars, die Merino-bedryf kan help met keurings, beoordeling by skoue en die promovering van die ras.
’n Ekstensief-intensiewe Merino- en Angoraboerdery in die Karoo
Skuins van die Baviaanskloof se berge in die westelike gedeelte van die Oos-Kaap, loop ’n teerpad tussen Willowmore en Steytlerville, en dit is hierlangs waar ’n handjievol produsente dit regkry om ekstensief en winsgewend met skape te boer.
In die nadraai van ’n sewe-jaarlange droogte, het Veeplaas die omgewing besoek en by Brighton Farm ingedraai om meer uit te vind oor Ross Henderson se ekstensief-intensiewe Merino- en Angoraboerdery.