suiwelboere
Die wenners van die 2022 LNR Nasionale Meester Suiwelboer Toekennings is, van links, LNR Nasionale Kudde met die beste somatiese seltelling, Etienne Zeeman (E Zeeman, Swellendam, Wes-Kaap), LNR-eretoekenning vir Lewenslange Bydrae tot die SA suiwelbedryf, Peter Pentz sr (Groote Post, Darling, Wes-Kaap), LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar, Nompe Zim (Zim Dairy, Kestell, Vrystaat), LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar en LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ’n Suiwelprodusent, Johannes Loubser (Fair Cape Dairies, Durbanville, Wes-Kaap), Pieter Loubser (Fair Cape Dairies), en LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode, Pieter Steenkamp (Tweekop Boerdery, Heidelberg, Wes-Kaap).

Estimated reading time: 0 minutes

Vanjaar se Nasionale Meester Suiwelboer-toekenningsgeleentheid van die Landbou Navorsingsraad (LNR) is onlangs as ’n hibriede geleentheid by Groot Phesantekraal Landgoed in Kaapstad aangebied.

Hierdie gesogte kompetisie vier uitstaande prestasie deur Suid-Afrika (SA) se top kommersiële en kleinskaalsuiwelboere en word deur verskeie sleutelrolspelers as ’n hoogtepunt op die land se landboukalender erken. Agri-Expo het die geleentheid namens die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR aangebied.

Dr Litha Magingxa, president en uitvoerende hoof van die LNR, het die wenners gelukgewens en hulle bedank vir hul vertroue in wetenskaplike innovasie om produktiwiteit en voedselsekerheid te verbeter. Die LNR het die afgelope jaar wetenskaplike dienste aan 105 suiwelboere gelewer om die genetiese kwaliteit van die nasionale suiwelkudde te verbeter.

Lees meer oor die suiwelboere se besprekings by die onlangse Ede-Holsteins boeredag hier.

“Suiwelboere is uniek en waarskynlik die hardwerkendste lede van ons samelewing. Derhalwe moet hulle altyd gekoester word,” het dr Magingxa gesê.

Joyene Isaacs, voorsitter van die LNR, het beklemtoon dat dit belangrik is om aan suiwelboere as voedselverskaffers erkenning te gee, maar so ook aan ondersteuningstelsels en vennootskappe in die suiwelbedryf. “Ons het almal ’n rol om te speel, en omdat ons daardie rol speel, het ons kos,” het Isaacs verduidelik.

Die geleentheid is moontlik gemaak in samewerking met vennote, insluitend die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Nedbank, Nova Feeds, Agri-Expo, AFGRI, Meadow Feeds, Semex SA, World Wide Sires SA en Darling Romery.

Belangstellendes kan die aanlyn-toekenningseremonie kyk by www.agriexpo.co.za/arc-masterdairyman-awards. Wenners word in verskeie kategorieë bekroon om erkenning te gee aan die land se beste presteerders in die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasietoetsing as instrumente.

Die wenners van die 2022 LNR Meester Suiwelboer Toekennings is soos volg:

  • LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2022 en LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ‘n Suiwelprodusent 2022: Fair Cape Dairies, Johannes Loubser, Durbanville, Wes-Kaap.  
  • LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2022: Zim Dairy, Nompe Zim, geleë tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat (vir die vierde agtereenvolgende jaar).
  • LNR Nasionale Kudde met die beste somatiese seltelling 2022: E Zeeman, Etienne Zeeman, Swellendam, Wes-Kaap, met 170 000 selle/ml.
  • LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2022: Tweekop Boerdery, Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp, Heidelberg, Wes-Kaap, met ’n tussenkalfperiode van slegs 370 dae.
  • Spesiale toekenning: LNR-eretoekenning vir Lewenslange Bydrae tot die SA Suiwelbedryf: Peter Pentz sr, Groote Post, Darling, Western Cape.

Lees meer oor die nuutste verwikkelinge in die suiwelbedryf hier.

Die finaliste in die onderskeie kategorieë was soos volg:

LNR streeksfinaliste vir Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2022

LNR streeksfinaliste vir Meester Suiwelboer van die Jaar 2022:

  • E Zeeman, Etienne Zeeman, Swellendam, Wes-Kaap.
  • JK Basson Family Trust, JK Basson, Darling, Wes-Kaap.
  • Fair Cape Dairies, Johannes Loubser, Durbanville, Wes-Kaap.
  • Rhodes Food Group, Jaco Swarts, Simondium, Wes-Kaap.
  • Tweekop Boerdery, Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp, Heidelberg, Wes-Kaap.
  • JJ Nel Family Trust, Hannes Nel, Ladismith, Wes-Kaap.
  • Foundation Jersey Farm, Alan en Francis Webster, Weenen, KwaZulu-Natal.
  • Robertson Brothers, Gordon Robertson, Karatara, Wes-Kaap. – Persverklaring, Agri-Expo