Dr Frikkie Maré, akademiese departementshoof van die Departement van Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte.

Read it in English. 

 

Mieliemark

Die prys van geelmielies het in Junie redelik sywaarts beweeg en op R2171/ton gesluit.

 

 

Ekonomiese aanwysers

Die rand het in Junie verswak teenoor die vernaamste geldeenhede en teen onderskeidelik R13,74 en R16,01 teenoor die dollar en euro verhandel. Verbruikersprysinflasie (VPI) het in Mei tot 4,4% verlangsaam terwyl produsenteprysinflasie (PPI) tot 4,6% gestyg het. Die ekonomiese groei vir die eerste kwartaal van 2018, voorgestel deur die BBP, het 0,8% op ’n jaar tot jaar grondslag gestyg.

 

Rooivleismark

Die pryse van al drie grade beesvleis het in Junie gedaal. Die laaste beskikbare pryse vir Junie was R46,59/kg vir A2, R41,68/kg vir B2 en R39,93/kg vir C2. In die geval van skaapvleis het die pryse van al drie grade egter toegeneem, en A2-, B2- en C2-lam- en skaapkarkasse se laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R74,60/kg, R64,82/kg en R57,39/kg. In die geval van speendiere het die prys van speenkalwers gedaal terwyl die speenlampryse verder gestyg het. Die pryse was onderskeidelik R33,90/kg vir kalwers en R47/kg vir lammers. Goeie nuus is dat dit lyk asof die prys van huide die onderste draaipunt bereik het, maar Dorper- en Merinovelle se pryse het sywaarts beweeg.

 

Wol- en bokhaarmark

Die aanwyserprys van skoonwol het op die laaste veiling van die seisoen in Junie met 2,3% verstewig teenoor die vorige veiling, en 26,6% hoër as die vorige jaar verhandel. Die aanwyserprys van sybokhaar het ook op die laaste veiling van die seisoen in Junie gestyg en 3,8% hoër as op die vorige veiling verhandel. Die aanwyserprys vir bokhaar was 35,1% hoër as ’n jaar gelede.

 

Suiwelmark

Die produsenteprysindeks van melk en eiers het in Mei gedaal, terwyl dié van melkprodukte effens gestyg het. Die verbruikersprysindeks van melk, eiers en kaas het in dieselfde tydperk ook effens gestyg.

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY