Markoorsig vir Augustus 2017

0
160

Frikkie Maré, landbou-ekonoom by die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig oor die vorige maand se landboumarkte.

Markoorsig

Read it in English

Gedurende Augustus het die prys van geelmielies sywaarts verhandel en op R1 900/ton gesluit.

 

 

Die rand het effens versterk teenoor die dollar, maar sywaarts teenoor die euro verhandel. Die rand het einde Augustus teen onderskeidelik R12,97 en R15,44 teenoor die dollar en euro verhandel.

 

Beide produsente- en verbruikersprysinflasie het gedurende Junie stadiger gestyg, met die verbruikersprysindeks (VPI) wat op ’n jaar-tot-jaar grondslag 4,6% was en die produsenteprysindeks (PPI) vir dieselfde tydperk 3,6%.

 

Die pryse van al drie grade beesvleis het gedurende Augustus effens teruggesak, met die pryse van alle grade skaapvleis wat sywaarts beweeg het. Beide die speenkalf- en speenlampryse het teruggesak.

 

 

Die prys van skoonwol het tydens die eerste veiling van die seisoen in Augustus teen bykans 20% hoër verhandel as die prys van die laaste veiling van die vorige seisoen. Hoewel die skoonwolprys met die tweede veiling effens teruggesak het, is die aanduiderprys steeds 16% hoër as ’n jaar gelede.

 

Sybokhaar het die seisoen ook goed afgeskop met ’n prys van 10% hoër as ’n jaar gelede en 4,6% hoër as die laaste veiling van die vorige seisoen.

 

 

Die produsenteprys van melk het in Julie konstant gebly, terwyl die indeks van melkprodukte effens gestyg het. Die VPI van melk, eiers en kaas het verder gestyg. -Markverslag


 

Grafieke 

Sien die markoorsig vir Julie hier:

Markoorsig vir Julie 2017

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY