Dr Frikkie Maré, ’n landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte.

Read it in English. 

Mieliemark

Die prys van geelmielies het in April verstewig en op R2 148/ton gesluit.

 

Ekonomiese aanwysers

Die rand het in April teen die vernaamste geldeenhede verswak en einde April het die rand teen onderskeidelik R12,47 en R15,05 teenoor die dollar en euro verhandel. Verbruikersprysinflasie (VPI) en produsenteprysinflasie (PPI) het albei in Maart stadiger gestyg met onderskeidelik 3,8% en 3,7%. Die ekonomiese groei vir die                                         vierde kwartaal van 2017, voorgestel deur die BBP, het 1,5% op ’n                                     jaar-tot-jaar-grondslag gestyg. Landbou het weereens, soos in die                                    derde kwartaal, ’n groot positiewe bydrae tot die ekonomiese groei                                    gelewer.

 

Rooivleismark

Die pryse van B- en C-grade beesvleis het in April gedaal terwyl die prys van A-grade sywaarts beweeg het. Die laaste beskikbare pryse vir April was R47,10/kg vir A2, R41,74/kg vir B2 en R40,56/kg vir C2. In die geval van skaapvleis het die prys van A-grade gedaal terwyl B- en C-grade se prys verstewig het. Die laaste beskikbare                                     pryse van A2-, B2- en C2-skaapkarkasse was onderskeidelik                                             R69,10/kg, R58,86/kg en R52,99/kg. In die geval van speendiere                                     het die prys van speenkalwers sywaarts beweeg terwyl                                                     speenlampryse gestyg het. Die prys was onderskeidelik R33,52/kg                                     en R40,83/kg. Die prys van huide en Merinovelle het gedaal, terwyl                                  die prys van Dorpervelle sywaarts beweeg het.

 

Wol- en bokhaarmark

Die indikatorprys van skoonwol het in April versterk en het op die laaste veiling in April met 4,1% teenoor die vorige veiling verstewig, maar 12% hoër verhandel as die vorige jaar. Die indikatorprys van sybokhaar het in April skerp gestyg en 5% hoër verhandel as op die vorige veiling en 28,4% hoër as ’n jaar gelede.

 

Suiwelmark

Die produsenteprysindeks van melk en eiers en dié van melkprodukte het in April gedaal. Die verbruikersprysindeks van melk, eiers en kaas het in dieselfde tydperk ook skerp gedaal.

 

Gallery:

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY