Frikkie Maré, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks vir ons die markoorsig oor die vorige maand se landboumarkte.

Read it in English

Die prys van geelmielies het gedurende Oktober effens gestyg voordat dit sywaarts verhandel het en gesluit het teen R3 252/ton. Die rand het gedurende dieselfde tydperk egter versterk en het aan die einde van Oktober teen R13,74 en R15,07 teenoor die dollar en euro verhandel. Goeie nuus is dat produsenteprys inflasie (PPI) gedurende September gedaal het op ’n jaar-tot-jaar grondslag maar verbruikersprys inflasie (VPI) het gestyg en is nou weer bo die boonste teiken van 6%.

Die prys van lamsvleis en skaapvleis het skerp gedaal einde Oktober terwyl beesvleis redelik konstant gebly het. Die wolprys het met 0,9% teruggesak gedurende die laaste veiling van Oktober terwyl die prys van bokhaar weer met dieselfde persentasie gestyg het. Die produsente prys indeks van melk het ietwat gedaal terwyl die van melkprodukte effens gestyg het gedurende September. Die verbruikersprys vir melk, eiers en kaas het ook effens gestyg gedurende dieselfde periode. – Markverslag

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY