Bonsmara SA hou weer hul jaarlikse Dié Rooi Ras-geleentheid en Nasionale Vroulike Dier-veiling op 14 Maart by die Afridome in Parys.

Topsprekers aan die woord

Tydens Dié Rooi Ras-geleentheid gaan die bekende Annie Coetzee ‘n motiveringspraatjie lewer en daarna sal Jan de Jong, bekende senior interrasbeoordelaar en senior karkasbeoordelaar, meer lig werp op moderne neigings in beesteling.

Hierdie spesiale dag was nog altyd ‘n geleentheid waar almal welkom is om te kom luister na van die beste kenners in die bedryf.

Die veilingsaanbod

Bonsmara SA se Nasionale Vroulike Dier-veiling word net na die afloop van Dié Rooi Ras Geleentheid aangebied. Dit is ‘n uitstekende geleentheid vir alle kommersiële sowel as stoetboere om top Bonsmara vroulike diere in alle produksiestadia te bekom.

Meer as 50 uitstaande vroulike diere van 23 toptelers regoor die land word aangebied. Dit is veral ‘n geleentheid vir nuwe toetreders tot die mark om genetika uit verskillende topkuddes op een plek te kan koop.

  • Datum: 14 Maart 2018
  • Plek: Afridome, Parys
  • 08:30 Dié Rooi Ras Geleentheid
  • 12:00 Nasionale Vroulikedierveiling
  • Toegang tot Dié Rooi Ras Geleentheid: R220.
  • Toegang tot die Nasionale Vroulike Dier-veiling: Gratis.

Bonsmara SA nooi alle belangstellendes om te kom kyk hoekom Bonsmara “DIE RAS VIR ALLE REDES” is.

Vir enige navrae: Skakel 051 448 6084 of epos info@bonsmara.co.za

Kyk saam met ons terug na 2017 se geleentheid:

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY