Die Boertjiefees vind van 31 Augustus tot 2 September op Bultfontein in die Vrystaat plaas. Dié fees fokus op die landbousektor in die omgewing en as ’n geheel in Suid-Afrika. Vanjaar is die Boertjiefees se leuse “Geanker in landbou” en dit word in samewerking met Senwes aangebied.

Lise Roberts van RSG Landbou het onlangs met een van die lede van die Boertjiefees-bemarkingspan, Martin Combrinck, gesels oor wat die fees behels en wat besoekers kan verwag. Luister na die onderhoud hier onder om meer inligting oor die program te kry. Die volledige program ’n dokument met die toegangsfooie kan ook hieronder afgelaai word.

Vir meer inligting, skakel 051 853 1102 of besoek www.bultfonteinboertjiefees.co.za. – Ursula Human, AgriOrbit

Kliek hier om na die onderhoud te luister.  

Kliek hier om die volledige program af te laai. 

Kliek hier om die toegangsfooie te sien.

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY