Maak ’n draai by vanjaar se Melkfees

Estimated reading time: 3 minutes

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) se Melkfees is verlede jaar vir die eerste keer deur MPO Oos-Kaap in Jeffreysbaai aangebied. Dié geleentheid word weer vanjaar op 7 en 8 Oktober by die Gamtoos Ferry Hotel aangebied.

Die projek is begin met die doel om bewustheid van die suiwelbedryf te skep. Gemeenskapsbetrokkenheid en verbruikersonderrig is die primêre dryfkrag. “As die Melkprodusente-organisasie het ons ’n verantwoordelikheid teenoor ons produsente en ander belanghebbendes om ons deel te doen om die waarde van die suiwelbedryf te beklemtoon en sodoende die toekoms van die bedryf te bevorder,” sê Fanie Ferreira, hoof-uitvoerende beampte van die MPO.

Kyk na Plaas TV se insetsel oor klassieke musiek en melkproduksie.

Die feesprogram sluit iets vir oud en jonk in met stalletjies wat ’n verskeidenheid produkte gaan aanbied. Daar sal ook kaas- en jogurtkursusse wees, ’n pretloop, ’n meganiese branderplank, reuse-glybaan, springkastele, verskeie demonstrasies, bootritte op die rivier en musiekvertonings deur Adam, Jakkie Louw, Adam Tas en Eloff.

Grant Puttergill sal ook ’n paar van sy mak melkkoeie fees toe bring vir opvoedkundige doeleindes. Een van hierdie koeie is Denise, die melkbedryf se ster, wat pronk op ’n groot aantal van die suiwel-bewusmakingsmateriaal wat die afgelope jaar versprei is.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) se Melkfees word vanjaar op 7 en 8 Oktober aangebied. Dit skep bewustheid vir die suiwelbedryf.

Anri Wolmarans, streekbestuurder van die MPO Oos-Kaap, brei soos volg oor die komende fees uit. “Dit skep die ideale geleentheid vir die plaaslike gemeenskap om betrokke te raak in die bedryf. Ons vier die melkbedryf in sy geheel en plaaslike ondernemings saam met kunstenaars en alles en almal wat deel daarvan wil wees. Wat meer is, op 6 Oktober sal die MPO Oos-Kaap se algemene jaarvergadering plaasvind en alle melkprodusente word genooi om hierdie dag ook by te woon.”– Carin Venter, Plaas Media

Vir meer inligting kontak Anri Wolmarans by 064 934 3951.


SA Stamboek vereer top suiwelkuddes in George

Die room van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf is Donderdag tydens die SA Stamboek Suiwel Elite Prysuitdeling 2023 by die George Landbouskou in die Wes-Kaap vereer.

Ses platinum, nege goue, 21 silwer en 22 brons toekennings is tydens die geleentheid toegeken.

“Toekennings help egter nie net om die kudde te verbeter nie, maar dit kan ook lei tot ’n meer winsgewende kudde,” sê Herman Labuschagne, SA Stamboek se hoof van data en tegniese dienste.

Alle SA Stamboek-suiwelprodusente kom in aanmerking vir die Elite toekennings. Kuddes word in drie kategorieë geëvalueer – aantekening, produksie en genetika. “Saam met die toekenning ontvang die produsent ook terugvoer rakende wyses en tegnieke wat toegepas kan word om sy of haar kudde moontlik in die toekoms te kan verbeter,” sê Labuschagne.

Lees meer hier.

Popular stories