Om 30 November 2021 om 11 uur die oggend, sal ‘n 14 900-hektaar plaas tesame met sowat 400 skape asook talle losgoedere, onder die hamer kom. Hierdie spogplaas is in Marydale in die Noord-Kaap geleë.

AJ du Plessis, hoof uitvoerende beampte van Brocor Auctions, en Ro’an van Tonder, direkteur van Meerkat Online Auctions, gesels saam op AgriOnAir hieroor. Luister na die potgooi om te hoor wat voornemende kopers nog te wagte kan wees by dié opwindende veiling. Klik op die skakel om na die gesprek te luister en te sien hoe hierdie eiendom lyk.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Brocor Auctions en MEERKAT Online Auctions.

Besoek Brocor Auctions of www.brocor.co.za vir meer inligting.

MEERKAT Online Auctions sal die veiling ook aanlyn aanbied. Besoek www.meerkatonline.co.za vir meer inligting.