bloemskou

Die jaarlikse Bloemskou is om die draai en beloof om vanjaar ’n monster van ’n skou te wees. ’n Propvol landbouprogram word beplan wat iets vir elkeen beloof. Altesaam 4 500 skape, beeste en perde sal tydens die skou ten toon gestel word en altesaam 25 streekskampioenskappe en nege nasionale kampioenskappe word aangebied. Die Bloemskou vind van 26 April tot 5 Mei 2018 plaas.

Read this in English.

Die landbouprogram sluit in:

  • SA Saalperd nasionale kampioenskap op 23 tot 28 April.
  • Miniatuurperde provinsiale kampioenskap op 27 April.
  • Springperde-uitdaagvertoning op 29 April om 10:00.
  • Friesperd provinsiale kampioenskap op 30 April tot 3 Mei.
  • SA Boerperd provinsiale kampioenskap op 30 April tot 3 Mei.
  • Ruiter-pensteek afdelingskampioenskap op 3 en 4 Mei.
  • Merino veldskou ope kampioenskap op 26 en 27 April.
  • Merino Landskaap nasionale kampioenskap op 26 en 27 April.
  • Nasionale Vleismerino Super 10 Ramskou op 26 en 27 April.
  • Nasionale skaapskeerkampioenskap op 27 en 28 April.
  • Border Leicester provinsiale kampioenskap op 28 April.
  • Suffolk nasionale kampioenskap op 28 April.
  • Dorper en Witdorper wêreldkampioenskap op 2 tot 4 Mei.
  • Dorper-veiling op 5 Mei om 10:00.
  • Ayrshire streekskampioenskap op 26 April.
  • Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie sentrale streeksrondte op 30 April.
  • Vleissentraal SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas op 30 April.
  • Sussex nasionale kampioenskap op 1 Mei.
  • Braunvieh nasionale kampioenskap op 2 tot 3 Mei.
  • Pinzgauer plaaslike kampioenskap op 2 Mei.
  • PinZ²yl plaaslike kampioenskap op 2 Mei.
  • Angus provinsiale kampioenskap op 2 Mei.
  • Limousin streekskampioenskap op 2 Mei.
  • Dexter provinsiale kampioenskap op 2 en 3 Mei.
  • Hereford provinsiale kampioenskap op 3 Mei.
  • Santa Gertrudis provinsiale kampioenskap op 3 Mei.
  • Simbra plaaslike kampioenskap op 3 Mei.
  • Simmentaler plaaslike kampioenskap op 3 Mei.
  • Absa vleis- en dubbeldoel-bees interraskompetisie op 4 Mei.

Vir meer inligting, die volledige landbouprogram en talle ander gebeure, gaan na www.bloemskou.co.zaLaai die volledige program hier af. 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY