Estimated reading time: 2 minutes
Die protokol op die riglyne vir die uitvoere van lewendige diere per skip is deur die direkteur veterinêre gesondheid goedgekeur.
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) was in die verlede op rekord dat dit uiters belangrik is dat so ’n protokol gefinaliseer word ten einde die uitvoere op ’n volhoubare basis te doen. Die RPO het dan ook via die Rooivleisbedryfsforum betrokke geraak by ’n regsproses om te verseker dat so ’n protokol gefinaliseer moet word.
Lees meer oor die druk op speenkalf- en karkaspryse ondanks laer invoere.
Die RPO se siening was nog altyd “doen dit reg dan kan ons dit oor die langtermyn op ’n volhoubare basis doen”. Hierdie riglyne sal dien as versekering aan verbruikers dat die rooivleisbedryf ernstig is om te voldoen aan alle dierewelsynsvereistes en ook dat dierewelsynsorganisasies kennis moet neem dat die regering en die bedryf hierdie riglyne gefinaliseer het in ooreenstemming met die Wêreld Dieregesondheidsorganisasie.
Die protokol baan nou die weg vir die implementering van Visie 2030 vir die rooivleisbedryf ten einde uitvoere op ’n inklusiewe basis te laat groei asook vir rooivleis- en slagdoeleindes ten einde die winsmarges van die primêre produsent te verhoog. Dit is ’n feit dat Suid-Afrika tans 30% onder die wêreldnorm is in terme van rooivleis- en veepryse. Ons is ook internasionaal kompeterend en derhalwe moet ons die geleentheid benut om die inkomste van produsente te verhoog. – Persverklaring, Rooivleisprodusente-organisasie
Uitdagings en welvaart wink vir die vleisbedryf
Verskeie aspekte van die rooivleisbedryf moet saamwerk om dié bedryf in ‘n volhoubare en mededingende bedryf te verander. Dit behels die samewerking en koördinering van al die skakels van die rooivleiswaardeketting, deeglike beplanning vir ‘n nuwe omgewing wat aardverwarming kan trotseer, en doeltreffende bekamping en beheer van indringerplante.
Dit was die boodskap wat afgevaardigdes op die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se kongres in Limpopo gekry het. ‘n Nuwe bestuur is ook verkies tydens die byeenkoms wat in Bufland Agri se veilingsentrum net buite Naboomspuit (Mookgophong) in Limpopo gehou is.