Invoer en uitvoer bly ’n sensitiewe onderwerp in die landbou, enersyds omdat biosekuriteitsaangeleenthede van tyd tot tyd ons vermoë om uit te voer bedreig en andersyds omdat invoere ons plaaslike bedryf kan skade berokken. Maar hoe lyk die landskap regtig? Ons kyk in September na die jongste in- en uitvoersyfers en na waar die geleenthede vir die veebedryf lê.

Sien ook uit na artikels oor:

  • Besoek aan Booger Bonsmaras
  • Skotse boerderymetodes
  • Aldam-veeskool
  • Die ekonomiese implikasies van wolskeerfrekwensies
  • Terugvoer van die Large Herds-konferensie
  • Die aankoop van ‘n wildsplaas
  • Lekaanvullings vir die oorgang na somer
  • Bemesting op aangeplante weiding
  • Biosekuriteit in intensiewe lamstelsels
  • Geslagsiektes onder beeste
  • ‘n Entstof teen haarwurm
  • Voerkraalvoorbereiding van vee
  • Die spekboom
  • Belastingbeplanning
  • Verblyfreg van plaasbewoners
  • Baie meer!

Kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Gaan na die “Teken in”-blad vir meer inligting. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is nou ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magzter.com aangekoop word.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY