Arbeid en die koste daarvan bly ’n brandpunt op die landbou-agenda. Ons kyk in hierdie uitgawe na arbeid in veral die veebedryf en die koste-aspek daarvan. Hoe affekteer dit produksie? Bestuur ons dit reg? Lees in die November-uitgawe van Veeplaas wat Walter van Niekerk en WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat hieroor skryf.

vp-dec-cover

Lees oor ons plaasbesoeke aand Schyff Beefmasters, DF Fyfer van Bhetjane Nguni’s en lees oor die skuif wat die geskiedkundige Fairworld Merino’s onlangs gemaak het. Lees ook oor wetgewing en grondhervorming, korrekte heinings, praktiese beginsels vir brusellose-beheer, virussiektes, besproeiing op weidings, ondergrondse drup vir lusern, telersgenootskappe vir die wildbedryf en meer.

Die November-uitgawe van Veeplaas is propvol terugvoer van verskeie onlangse geleenthede in die veebedryf. Dié uitgawe bevat ook ‘n spesiale Angora-fokus en ons gereelde Wildsplaas-bylaag.

Om hieroor en nog baie meer te lees, kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is nou ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magster.com aangekoop word.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY