Die nasionale minimumloon is ’n veelbesproke onderwerp en een van die dinge waarmee landbouers in Suid-Afrika moet verlief neem. In die November-uitgawe van Veeplaas vra ons nie wat reg of verkeerd is nie, maar hoe die loon werklik op die bedryf impakteer – wat dit kos, hoe produsente hierdie koste moet bestuur en dies meer.

Sien ook uit na artikels oor:

  • Terugvoer van ALFA 2017.
  • ‘n Besoek aan Santa Gertrudis-teler, Johann de Wet.
  • ‘n Besoek aan die broers, Pikkie en Johan Uys, in die Wakkerstroom-distrik.
  • Skeerintervalle vir winter- en somer-bokhaar.
  • Die potensiaal van nuwe tegnologie in die melkbedryf.
  • ‘n Besoek aan Burkea Wild.
  • Fosfaat-aanvulling in die nat seisoen.
  • Voeding van vleiskoeie in die teelseisoen.
  • Koolstof as die kern van grondgesondheid.
  • Inheemse grasse vir veldherwinning.
  • Voorbereiding vir die skaapteelseisoen.
  • ‘n Besoek aan Kruger Bonsmaras.
  • Doeltreffende bestuur van kalwing tot dekking.
  • Die ekonomiese impak van inwendige parasietbesmetting by melkbeeste.
  • Skadu teen hittestres.
  • Wat doen die top skaapboere konsekwant goed?
  • Fluitrotte se verwoesting van Kalahari-weidings.
  • Diversifisering om jou teikenmark te tref.
  • Die verbetering van strukture vir plaasbewoners.
  • Baie meer!

Kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Gaan na die “Teken in”-blad vir meer inligting. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is nou ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magzter.com aangekoop word.

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY