Biosekuriteit is ’n onderwerp wat jaarliks in Veeplaas bespreek word, enersyds omdat dit die sleutel tot volhoubare veeboerdery beteken en andersyds omdat dit so belangrik is vir die bemarkbaarheid van produkte. In die Julie-uitgawe van Veeplaas bespreek WA Lombard die belangrikheid en ekonomiese implikasies van biosekuriteit. Die Julie-uitgawe sluit ook ‘n Beefmaster-fokus in.

Sien ook uit na artikels oor:

  • Die Nooitverwag Beefmaster-stoet
  • Julian Southey en seuns se Merino-boerdery
  • Wolklasseringstandaarde
  • Die uitwerking van die droogte op Vrystaatse wolproduksie
  • Listeria in die suiwelbeddryf
  • Wetenskaplike seleksie in die wildbedryf
  • Die laat aanplanting van wintergroenvoer op die Hoëveld
  • Die voor- en nadele van oesreste
  • ‘n Namibiese bestuurstelsels wat droogtes tem
  • Die gebruik van lamhokke vir hoër speenpersentasies
  • Riglyne vir hoogs winsgewende skaapboerdery
  • Die monsterneming en ontleding van kuilvoer
  • Die paring van plaasvee
  • Die impak van snotsieke
  • Vermeerbos
  • Peervormige maagslak
  • Die waarde van groepstrukture
  • Baie meer!

Kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Gaan na die “Teken in”-blad vir meer inligting. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is nou ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magzter.com aangekoop word.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY