Elke boer weet dit – sonder jou mense is jy niks. En met mense word ook bedoel personeel. Van jou arbeiders tot die plaasbestuurder en kantoorpersoneel – elkeen speel ’n sentrale rol in die boerdery-opset en het tot ’n mindere of ’n meerdere mate ’n invloed op die besigheid se winsgewendheid. Maar wat moet die produsent in plek hê om ’n gesonde werksomgewing te verseker? In hierdie uitgawe vertel kenners ons meer oor kontrakte, arbeidswetgewing en ander belangrike aspekte waarvan elke plaaswerkgewer moet weet.

Sien ook uit na artikels oor:

  • ’n Standaard vir verantwoordelike wolproduksie.
  • Finansiële beplanning vir 2018.
  • Aktiwiteite van die Suuranys-studiegroep.
  • Waardetoevoeging in ‘n vleisbeeskudde.
  • Bewaringslandbou: Die stille revolusie.
  • Terugvoer van die Oos-Kaap WRSA-kongres.
  • Wild se waarde vir hervorming.
  • ’n Siekte-oorsig en voorbereiding vir 2018.
  • Nuwe stelsels vir presisieboerdery.
  • Die geheime taal van die garingboom.
  • Weiding: Die rol van chemiese reaksies in plante.
  • Die boerboel – ‘n bul van ‘n waghond.
  • Naspeurbaarheid – meer as net identifisering.
  • Onderhandelinge en samesprekings met die staat op plase.

Kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Gaan na die “Teken in”-blad vir meer inligting. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is nou ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magzter.com aangekoop word.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY