In Vrydag, 7 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met ‘n kraakvars landbounuusbulletin.
- Dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, gesels oor die doeltreffendheid van bek-en-klouseer entstof en inentings.
- Johan gesels met die 2026 Pretoria Lamb Champs-wenner, Gerhard Lourens, oor sy boerdery, sy deelname en hoe hy die kompetisie ervaar het.
- Theo Hoffman, voorsitter van die Bosvelder Studiegroep, gesels oor die groep se veiling wat op 22 Augustus plaasvind.
- Lourens du Plessis van Louma Boerdery vertel meer oor Nedibest Brahmane en hulle veiling wat op 20 Augustus net buite Thabazimbi plaasvind.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
