Skakel gerus Maandag, 6 Oktober, in vir nog ‘n uitsending van LandbouRadio. Hierna kan jy uitsien:
- Pieter Möller skop vir ons die nuwe maand met ‘n opbouende landbouboodskap af.
- Prof Johan Willemse ontleed die jongste verwikkelinge in die ekonomie.
- Chantelle Smit van Boerbok SA gesels oor hulle nasionale veiling wat op 16 Oktober plaasvind.
- En SAVPO-hoof, dr Marlene Louw, praat oor die goedkeuring van statutêre heffings vir die Suid-Afrikaanse varkbedryf.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.




