In Maandag, 6 Julie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
• In ons maandelikse Agri-Expo skoupraatjie, aan jou gebring deur Nedbank, gesels Johan met Tjaart Lötter, president van die Lutzville-skou, oor die skou wat op 31 Julie en 1 Augustus plaasvind.
• In ons maandelikse BKB-praatjie, gesels Pierré Vlok oor die afgelope Napier-jongooikompetisie.
• Prof Johan Willemse is aan die woord met sy weeklikse landboumarkverslag.
• John Melville gesels oor die effek van reënval op weiding.
• Pieter Moller deel weer sy maandelikse boodskap vir landbouers.
Hierdie week se LandbouRadio word met aan jou gebring deur BKB – die tuiste van landbou.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.