In Dinsdag, 4 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Dewald Olivier, hoof uitvoerende beampte van RMIS, gesels oor statutêre maatreëls en heffings, en hy verduidelik watter funksies deur die heffings gefinansier word.
- Johan gesels met Judi Rosenstrauch, tegniese ondersteuningswetenskaplike by Envarto, oor probiotika en hoe dit in varkvoeding gebruik word vir optimale produksie en goeie vertering.
- Chris Krugell van Bloemendal Bonsmaras vertel meer oor hulle veiling wat op Woensdag, 12 Augustus op die plaas Nooitgedacht plaasvind.
- Dr Lucius Phaleng, handelsadviseur by AFMA, praat oor die belangrikheid van soja in veevoer.
- Tydens die onlangse Aartappels SA-kongres en Moerkwekersforum, het Du Preez de Villiers met Gerhard Posthumus van die Aartappelsertifiseringsraad gesels oor klimaatsverandering en hoe dit aartappelprodusente affekteer.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.