In Donderdag, 30 Julie se LandbouRadio, kan jy uitsien na ‘n lekker-luister program:
- Johan gesels met FP Coetzee, bestuurder van inligting en streeksdienste by Aartappels SA, oor hulle onlangse kongres en vooruitsigte in die mark.
- Christal-Lize Muller gesels met Gert Erasmus van Dekalb oor die kategoriewenners in die afdeling vir mielieverbouing op watertafelgronde in Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie.
- Jan Swart, verbonde aan tegniese dienste by die varkgenetika-maatskappy, Danbred Africa, gesels oor die varkbedryf en hoe dit die verbruiker bevoordeel.
- Theunis de Bruyn van Trouw Nutrition vertel meer oor die maatskappy en hulle tien-jaar feesviering.
- Dr Johnny van der Merwe is aan die woord met sy weeklikse AMT-markverslag.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.