In Vrydag, 28 November se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met vars landbounuus.
- Johan Gunter gesels met Francois Rossouw, uitvoerende hoof van SAAI, oor ‘n ernstige waarskuwing wat hulle rig oor die ineenstorting van die regsraamwerk wat landbou-insette reguleer.
- In ons weeklikse veiligheidspraatjie gesels Johan met Douw Pelser, hoof van die Landelike Veiligheidsforum van Lephalale, oor die veiligheidsituasie in hulle streek.
- In ons “Onder die hamer”-insetsel hoor ons hoe ‘n aanlynveiling werk.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.



