In Vrydag, 2 Oktober se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons spring weg met ons weeklikse plaasvars landbounuusbulletin.
- In ons weeklikse dieregesondheidspraatjie gesels dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, oor Slenkdalkoors en die risiko’s daaraan verbonde.
- Kobus du Toit van Vlakte Bonsmaras gesels oor hulle veiling wat op 16 Oktober plaasvind.
- Johan gesels met Isabel Kruger oor die voorbereiding van veediefstalsake en die rol wat landbouorganisasies in veediefstalsake speel.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.