In Maandag, 17 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- In ons maandelikse Melk SA-gesprek gesels Johan met Maretha Vermaak, ‘n dieetkundige van Melk SA se verbruikersopvoedingsprojek, oor hulle betrokkenheid by die Internasionale Suiwelfederasie se staande komitees, asook projekte wat die Suiwelstandaard-agentskap vir Melk SA bestuur.
- Prof Johan Willemse is aan die woord met sy weeklikse landboumarkverslag.
- Christal-Lize Muller gesels met Dan Kriek, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, oor ‘n spesiale beursfonds wat in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat geskep is. Hy vertel die storie van die skaap agter dié beursprojek.
- Dr Arno Moore, voormalige bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, gesels verder met Izak Hofmeyr oor wat die NWKV die afgelope eeu, en tydens sy bestuurstyd, bereik het.
- John Melville verduidelik hoe wolskaapboere hulle skeerselwaardes kan verhoog.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


