LandbouRadio: 14 September 2026

In Maandag, 14 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:

  • In ons maandelikse Melk SA-praatjie gesels Johan met Anneke van Niekerk oor die Internasionale Suiwelfederasie se staande komitees en projekte, en Melk SA se rol daarin.
  • ⁠Christal-Lize Muller gesels met Sytze Smit van die Brahman- beestelersgenootskap oor hulle onlangse veiling en die goeie resultate wat daar behaal is.
  • ⁠Carla de Kock, eienaar van Serfbred Brahmane, gesels oor een van hulle bulle wat tydens die Brahman SA nasionale veiling teen die hoogste prys van R220 000 verkoop is.
  • Dr WA Lombard bring ons op hoogte van die landbou-markbewegings gedurende Augustus.
  • ⁠John Melville gesels oor alternatiewe metodes van wolklassering.
  • ⁠Tydens die AFMA Forum-konferensie by Sun City, het Nikeline Steenkamp van Plaas Media met dr Tobias Doyer, uitvoerende hoof van Graan SA gesels.

Luister saam na LandbouRAdio:

Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.

Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld...

The middle ground is the best course

Estimated reading time: 7 minutesPieter Meyer believes that the modern grain producer is precision-oriented,...

Voerkorrels versus los voer vir herkouers

Estimated reading time: 6 minutesVoerkoste is die grootste enkele kostekomponent in die meeste veeboerderye....

Hou kop bo water dié El Niño-seisoen: Planne vir jou vee se waterbehoeftes

Estimated reading time: 6 minutesProdusente moet waterbeskikbaarheid en -gehalte deeglik in hul droogte- en...