Dis wat jy kan verwag in Woensdag, 11 Junie, se LandbouRadio:
- Die Skaapherder, Leon Kruger, is terug met sy Woensdagwenk en dié keer praat hy oor wurms in skape.
- Ons gesels met Anri Wolmarans van die Melkprodusente-organisasie (MPO) oor die MelkRun op 6 Julie by Crossways in die Oos-Kaap.
- Charles Basson, ‘n sonneblomsaadkweker by Syngenta, praat oor sonneblomproduksie.
- En die hoof van regsintelligensie by Agbiz, Annelise Crosby, gee haar mening oor die omstrede Onteieningswet.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.





