In Donderdag, 10 Julie, se LandbouRadio kan jy meer uitvind oor die volgende:
- Overberg Agri se Herkouersdag op 14 Augustus by Roodebloem-proefplaas.
- ‘n Gesprek oor knopvelsiekte met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk.
- Dr Johnny van der Merwe van AMT se graanmarkverslag.
- En Carel Wessels van die Landbounavorsingsraad wat praat oor faktore wat die opname van landboutegnologieë in landelike gemeenskappe beïnvloed.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.





